'n Belewenis

'n Belewenis

Gansbaai Courant

Ek is nie op my eie boot nie en dus deel van die bemanning. Dis nog voor sonop en donker, en baie koud. Daar is geen maan om van te praat nie maar ek hoor die branders raas en weet die see is omgekrap.

Wanneer die boot die hawe uitgestuur word is dit ‘n   gerusstellende gedagte dat die skipper ervare is en die see ken. Die boot breek deur die branders en die koue water spat oor my. Dit help darem om die oliebaadjie stywer om my kop te trek. Dis nog heel ent voor ons by die vangplek kom en daar’s baie tyd om te dink. Die boot draai erg skuins teen die aanslag van ‘n   brander en ek moet vasklou om nie in die water te beland nie. Die see is baie rowwer as wat ek gedink het. Ek is gewoond daaraan om my eie boot te skipper, maar dis tye soos hierdie wat die gedagte tog by jou opkom  --  indien die boot nou omslaan of die onverwagte gebeur en ons bots met ‘n   walvis, of ‘n   ander boot, wat dan? Sal ek dit oorleef en is ek geestelik gereed daarvoor? Ek gebruik die tyd om ‘n   gebedjie op te stuur. Ek vra Sy seën.

Ons is op pad na Holbaai en ek weet daar is heelwat gevaarlike riwwe.en banke wat jy in sulke water liewer moet vermy. Die skipper het hierdie tog al baie gedoen en hoewel ek weet dat hy ervare is is daar steeds kwelgedagtes. Ek weet mos dat niemand, hoe versigtig ookal, beheer het oor wat voorlê nie, dis in Sy hande.

Daar is so ‘n   grysigheid in die lug en ek weet dat die dagbreek nie ver is nie. Ons nader ons bestemming en ek weet dat die son binnekort sy strale gaan gooi tussen die bergreekse deur. Ek verwonder my aan die proses en ‘n   gevoel neem besit van my oor die wonder van die skepping. Ek voel baie klein. Aan my linkerkant kan jy al  vaagweg die bergreeks onderskei en ek voel die ekstra koue in my hande. Dan skielik, slaan die eerste strale van die son deur die enkele wolkbanke, en die oranje/rooi vuurtonge laat jou in vervoering.

Ek maak my oë toe, maar die toneel bly my steeds by. En ek bid  --  ek bedank Hom dat Hy my deel van dit alles maak. En ek weet daar is nie twyfel oor Hom nie. Vanoggend gaan dit nie oor hierdie vrae wat vir my onbeantwoord bly en waaroor ek al so dikwels met Hom gepraat het nie. Ek weet Hy verstaan en ek weet dat ek ook eendag, seker wanneer dit Hom behaag, klarigheid sal kry. Ek kyk op en sê weer
dankie. Dit gaan ‘n   lieflike dag word.

Daar word nog steeds enkele, maar mooi makriel gevang en die snoek is in die Hermanus-gebied. Daar’s hoop!

Groete, Seemeeu

Nog vertalings. Kommentaar?

Skirts - rokkies;
Soft plastics - plastiekkunsaas [soos vir ‘dropshot” (loodhengel)];
Clip on bait - aanhaakaas (aan sinker, vir verder gooi);
Floating bait - dryfaas (dryf op water);
Jig heads, light spinning tackle - loodkoppe (waaronder lepelkoptipes), ligte lepelgooigerei

'n Belewenis

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant