Inter Provinsiale Bootvishengel Kompetisie

Inter Provinsiale Bootvishengel Kompetisie

Gansbaai Courant

Hier oorhandig voorsitter, Gustav Groenewald van Overberg Bootklub en die president van WPDSSA, mnr Leander Widd, die vangste aan pastoor Zeelie.

Die Inter-Provinsiale Bootvishengel Kompetisie wat laas week plaasgevind het by Overberg Bootklub was 'n groot sukses. Die 8 spanne wat deelgeneem het, het elke oomblik op die see en so ook op die land geniet. Die 8 spanne kon ongelukkig nie Woensdag begin met die kompetisie nie aangesien die weer dit nie toegelaat het nie. DP Burger het toe die spanne van Grens, Natal en OP deurgevat Struisbaai toe en so bietjie die omgewing gaan wys. Die eerste hengeldag was Donderdag en die bote is  teen 8 uur see toe, nadat ons eers moes wag dat Baby Ronald se toue uit die sleephelling se mond  gehaal word. Die weer was maar koud, reënerig, baie winderig en deinings groot maar die hengelaars was vol ywer om die kompetisie te begin. Hulle aas was sardyn wat ons by Dyer Eiland Visserye gekry het en tjokka.  Met inweeg op dag 1 was daar heelwat snoek met 'n paar spesies soos roman, silwervis, gurnet en  geelbek. Die punte is uitgewerk en die span van Great White’s (ou manne) was in die 1ste plek (335,32) en WP Rooi in die 2de plek(239,63). Ons vriende van Grens het gesukkel met slegs 6,25 punte op die bord. Die aand was daar weer heerlik geëet en gekuier, die volgende oggend is ons weer uit.

Vrydag en Saterdag is die manne 7uur uit en die see was baie beter as Donderdag. Die skaal is weer aangeval met snoek en spesies wat hier en daar die punte kom omkrap het. Net 1 hegelaar het op einde dag 2 nog geen vis ingeweeg nie, maar sy moet is nie gebreek. "Uithou en aanhou," het hy gesê. Op dag 2 het die WP juniorspan ingeklim met spesies en dit het hulle die dag laat wen met 'n punt van 468,93. In die 2 de plek was dit toe ons nuwe WP lid Eric Dahl se span, WP Blou met 388,77 punte vir die dag.  Die span van Grens het weer eens gesukkel met 6,72 punte. Noudat almal weet waar hulle staan moes hulle uithaal en wys want daar was nog 1 dag oor. Saterdag het almal kom verras en die manne kon nie glo wat gebeur nie. Span OP kom weeg  5 spesies in en kry 'n punt van 576,17 en WP Rooi in die 2de plek met 334.09 punte vir die dag. Grens het toe geklim met 97,85 6de plek en WP Blou verloor die dag met 78,02 punte. Die vuur is aangesteek en daar is begin kuier voor die afsluiting.  In die 8ste plek was Grens met 110,82, 7de Natal met 242,92, 6de Olifante (OP ou manne) met 252,21. In die 5de plek WP Blou met 587,38, 4de was WP Rooi op 762,84 en 3de Silwer medalje WP Junior met 834.33 punte. Ons Great White span met Frans Kennedy, Gert du Plessis en Dave Melly het met ΄n Brons 2de geëindig met 875,8 punte. 

Die OP span onervare snoek hengelaars het die kroon gevat en met Goud weggestap met 'n totaal van 976,51 punte. Baie dankie aan al die spanne wat so ver gekom het om aan die geleentheid deel te neem, ons glo Gansbaai bly in julle harte en dat julle volgende jaar weer sal kom deelneem.

Eric Dahl, WP Kleure

Dankie ook aan ons skippers wat hul tyd by die werk afgestaan het vir die geleentheid. Gustav Groenewald- Blaasoppie, DP Burger-King Fisher, Ian Fourie-Laurika 2, Stephen Aslin-Marne, Thys Louw-Sophie, Lucas Holtzhausen-Dad’s Toy, Tommie Eigelaar-SLady Bird en Partic Chriostoudolou-Deep Fry’d. Weer eens dankie aan al ons dames wat so vroeg moes opstaan vir die voorbereiding van die ontbyt, julle was uitstekend.

Met bepaling  tot die reëls mag die vis wat gehengel word nie verkoop word nie en daarom het Overberg Bootklub weer vir Pastoor Zeelie gekontak en die vis is aan die sopkombuis geskenk. Ons hoop dat die vis nog baie monde sal voed. Dankie aan ons plaaslike borge, sonder julle was dit nie moontlik nie. Hulle is Overstrand Munisipaliteit, Gansbaai Superspar, Strandveld Slaghuis, Seca, Omega, Gansbaai Discount Liquors, Dyer Eiland Visserye, White Shark Adventures en Kleinbaai Superette.

Riaan van Staden

Bedanking: Pastoor Frikkie Zeelie van SHARE (Sopkombuis) wil graag die Overberg Bootklub hartlik bedank vir hul ruim donasies van vis vir die sopkombuis. Die minderbevoorregte kinders, gestremdes en bejaardes van Beverley Hills en Blompark is opreg dankbaar. 

Inter Provinsiale Bootvishengel Kompetisie

Riaan van Staden

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant