Gansbaai Krieketnuus

Gansbaai Krieketnuus

Gansbaai Courant

Corrie Avenant, Speler van die Wedstryd.

Gansbaai Krieketklub het Sondag hul aanslag op die 2013-2014 (40 overs) Overberg Sondag Liga op 'n hoë noot, met 'n oorwinning van 193 lopies teen Stanford Krieketklub begin. Die wedstryd is op die Gansbaai Gemeenskaps Sportgronde gespeel as gevolg van Stanford se veld wat onder water was.

Gansbaai Krieketklub het eerste gekolf. Christo Swart 23 (1x4)(1x6) en Corrie Avenant 64 (6x4)(3x6) het op 'n baie moeilike kolfblad die grondslag vir 'n groot telling gelê met 'n eerste paaltjie vennootskap van 76 lopies. Drian Kriel 39 (3x4)(2x6) en Johan Botha 52 (7x4)(2x6) het ook goeie beurte gespeel. Stanford se boulers het ook nie goed geboul nie, wat veroorsaak het dat daar 49 extras afgestaan is. Die enigste bouler wat sukses kon behaal is L Isbach (6-0-44-3). Gansbaai het 'n reuse totaal van 258/8 in 40 boulbeurte aangeteken.

Stanford se kolwers kon nie veel weerstand teen die goeie vinnige boulwerk van die openingsboulers, Gurchwin Davids (5-0-11-2) en Drian Kriel (6-1-12-2) bied nie. Na 'n goeie direkte ingooi van Junior van der Linde (wat daartoe bygedra het dat die kolwer uitgehardloop is), het Stanford op 18/5 gesteier. Christo Swart (4-0-16-3), Johan Beets (5-0-23-1) en Juan Havenga (0.4-0-1-1) het die laaste 5 paaltjies geneem. Stanford was almal uit vir 65 lopies. Die enigste kolwer wat stande kon bly was. R van Zyl met 26 (1x4) n.u.n. Corrie Avenant was aangewys as die Speler van die wedstryd, na 'n baie goeie vangkans en sy kolfbeurt van 64 lopies.

Gansbaai se volgende wedstryd is op Sondag 8 September tuis teen Kleinmond Krieketklub. Sportiewe groete

Heinrich Vermeulen, Klubsekretaris

Gansbaai Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant