Daar is vis

Daar is vis

Gansbaai Courant

Die ou wat nie behoorlik oplet nie sal seker ook nie weet van die snoek wat nog die naweek by Dassiegat gevind is nie. Van die manne was heel gelukkig terwyl ander wel droëbek teruggekeer het. Die wispelturige weer is op die ou end die bepalende faktor, en natuurlik of jy met veiligheid op die water kan kom. Die goeie nuus is dat geelbek ook in die omgewing van die Punt gevind is  --  hoe lank wag ons nie al hiervoor nie? Miskien sal die westewinde vir nog sorg.

Die manne met die lang stokke het ook heel goed gevaar en daar is heelwat galjoen gevang (verbasend genoeg was nie almal so vet soos verwag nie). By Franskraal sowel as aan die begin van die Gruis is ook mooi steenbras raakgeloop. Die amper vuil water was blykbaar nie ‘n probleem nie.

Ek plaas hiermee ‘n stukkie inligting wat Piet van Zyl my besorg het wat onlangs saam met ‘n paar maats op Blombos gaan hengel het. Ek stel hom self aan die woord: “Praat van lekker  --  dan is dit nou ‘n trippie na die Blombos-kus. Jy sien mos vir so ‘n jaar lank uit en droom so van daai vettes dat jy selfs ‘n skepding in die vissak sit om so bietjie van die vetjies af te skraap wanneer die galjoen geland word. Dit is nou wel lekker, maar ook harde werk, die pad is alles behalwe gelyk, maar ons gaan weer  --  en weer  --  en weer!

Die water was bietjie koud en die kolsterte het ons opgevreet, maar hulle maak tog lekker viskoek! Reën was daar in oorvloed, maar het ons tog kans gegee. Die gesogte en alombekende galjoen was ook daar en die frustasie van verlore sinkers tog uiteindelik beloon met ‘n paar mooies in die sak.

Die vyf dae het verbygevlieg. Ma het by die huis gewag en so ‘n trofee moes die regte tyd opgedis word en sorg vir ‘n ekstra paar punte. Dis nou vir volgende jaar se groot uittog. En daai galjoen ís vet, hoor. Lank lewe Blombos.”

Groete, Seemeeu

Daar is vis

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant