Krieketnuus

Krieketnuus

Gansbaai Courant

Gansbaai Krieketklub het Sondag hulle tweede oorwinning behaal deur 'n baie sterk span van Kleinmond KK, tuis met 2 paaltjies te klop.

Kleinmond KK het 'n redelike begin gehad met die kolf, maar kon as gevolg van 'n goeie boulvertoning deur Gurchwin Davids (5-0-20-0); Driaan Kriel (7-0-23-1); Corrie Avenant (8-0-36-4) en Johan Botha (5-0-14-1) slegs 'n totaal van 133 lopies almal uit in 30.4 boulbeurte aanteken. Kleinmond se beste kolwers was C Singleton met 25 (1x4) en R Serfontein met 28 (2x4) lopies. Gansbaai se vangwerk was nie baie goed nie en verskeie vangkanse is nie benut nie.

Gansbaai het toe gaan kolf en was danksy 'n tweede paaltjie-vennootskap van 64 lopies tussen Corrie Avenant 31 (4x4) en Driaan Kriel 59 (1x4)(2x6) goed op pad na 'n oorwinning. Daar het toe skielik 'n kolf-ineenstorting plaasgevind waarin daar 7 paaltjies geval het. Dit het veroorsaak dat die wedstryd op 'n spannende einde afgestuur het. André Hage het egter die wenlopies met 'n grenshou (4) behaal. Gansbaai se totaal was 134/8 na 30.2 boulbeurte. Driaan Kriel was as die speler van die wedstryd aangewys. Die klub bedank vir Theuns Otto vir die paaltjies wat hy geskenk het en Driaan Kriel vir die wedstrydballe. Eerskomende Saterdag vind die Mayoral Cup wedstryde plaas op die Gansbaai Gemeenskap Sportgronde. Om 10:00 speel Hermanus vs Hawston en 14:00 speel Gansbaai vs Hermanus. Sondag reis Gansbaai na Kleinmond om 10:00 teen Hawston  te speel. Sterkte en voorspoed.

Sportiewe groete

Heinrich Vermeulen, 082 715 3179

Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant