3 Bote 4 Visse

3 Bote 4 Visse

Gansbaai Courant

Vlnr is Gavin Engelbrecht, Piet van Zyl, Jean Downing en Gawie Krugel, met 3 van die 4 snoeke en agter vlnr is Johan Burmeister (weggekruip vir kamera), Salmon Herselman en Elna van Zyl.

Die Birkenheaders se maandelikse boothengelkompetisies is tot dusver behoorlik deur swak weersomstandighede gefnuik. Op 7 September kon daar weer see toe gegaan word, maar aitog…3 bote wat 4 visse na die inweegskaal gebring het. Mooi snoeke, maar net 4. Die 3 bote het ‘n totale aantal bemanningslede van 9 gehad. Net 2 spesies is ingeweeg. Die 4 visse se totale massa was 14.2kg, wat ‘n gemiddeld van 1.58kg per hengelaar beteken.

Met 4 visse is die volledige uitslae nie moeilik bepaalbaar nie: Swaarste vis, Gavin Engelbrecht (Snoek - 4.60kg); 2de Swaarste vis, Johan Burmeister (Snoek - 3.45kg); Swaarste sak, Gavin Engelbrecht (4.60kg, net 1 vir die sak!); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (3.45kg, ook net 1 vir die sak!); Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (1.89kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Jaybee 2 van Piet en Elna van Zyl (1.60kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë, met weinig verskil van die vorige kompetisie, is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (85.55kg); Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (42.61kg); Relêks 2 van Jean Downing (41.74kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (90.15kg); Gawie Krugel (66.25kg); Phillip Fourie (58.70kg). Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (44.75kg); Dixie Walsh (30.25kg). Gewis ‘n duur kompetisie.

Wedstrydsekretaris, Johan Burmeister, het die volgende berekening gemaak: 3 Bote, 9 bemanningslede, 4 snoeke  (13.9kg) en met 3 bote se kostes op see teen R1,800.00 het die snoekprys na R129.99/kg laat styg. ‘n Rekordprys vir snoek! Ondanks die swak vangstes, is die aandfunksie baie goed bygewoon en kon die gaste met ‘n gesellige aand die “vishartseer” verdryf. Smaaklike bobotie deur Enna Lotz en Elizma de Lange voorberei en met voorsitter Raymond Rabe se Musiekfabriek is daar tot laataand saamgekuier.

Navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

3 Bote 4 Visse

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant