Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Courant

Paul Dippenaar is as wenner van Academia se Gholfdag be-kroon. Hier oorhandig Julia Wilson, eggenote van Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson, die prys aan Paul, terwyl die Klubkaptein, Bev Swart, toekyk.

Jannie Brandt verjaar op die 22ste!  Veels geluk, Jannie – ons wens jou ‘n mooi jaar met goeie gesondheid toe.

Woensdag se Sloegterskompetisie was gewen deur Bobby Brandt met 39 punte, gevolg deur George Hunt 38, Rupert Roux 37, Bev Swart 37, John Thompson 36, Paul Dippenaar 36, Clive Bailey 35, Jakkie Beukes 34, Daniel vd Merwe 34, Daan Victor 34.  Naaste aan die penne was Bobby Brandt op no.2&11 en Charlie Bent op no 8&17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Jan le Roux no.11, Daniel vd Merwe no.8 en Clive Bailey no.15.

Vrydag was daar geen kompetisie nie as gevolg van die weer, en die ledetrekking is nie gewen nie en is oorgedra na volgende week.

Saterdag was die fondsinsamelingsdag vir Gansbaai Academia – die dag het goed afgeloop ongeag die koue, nat weer.  Die skool het ‘n heerlike ontbyt aangebied en die spelers bedank Academia se vlytige kokke vir die lekker ete. 

Die hoofborg vir die dag was Decor Paints en Andre Oosthuizen word bedank vir al die pryse.  Die formaat was ‘n Enkel Stableford, en die wenner was Paul Dippenaar met 43 punte, gevolg deur Daan Victor 40, A Arendse 37, Andre Oosthuizrn 37, Andre Gouws 36, Senekal Dreyer 36, Jakkie Beukes 34, George Hunt 34, Norman Philander 33, Bev Swart 33.  Naaste aan die penne was Barry Moody op no 2&11, Daniel vd Merwe op no 8&17 en Alwyn Geldenhuys op no 15.  Die langste dryf op no 18 was Daniel vd Merwe.  (Sien asb Hardus Botha se verslag en fotos elders in hierdie uitgawe.)

Uitklopkompetisies: Solly Wessels & Royce Woods klop vir Andre Roos & Jakkie Beukes in die finaal van die American Scramble.  Veels geluk!

Volgende Saterdag is dit die Fees van die Ganse Gholfdag en die formaat is ‘n 4BBB Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441  Leon Hattingh & Andre Roos

Gansbaai Gholfnuus

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant