Anker hou gevare in

Anker hou gevare in

Gansbaai Courant

Die tragedie wat hom so pas op see afgespeel het toe die boot, Ralda 111, probleme opgetel het met gepaard-gaande lewensverlies moet almal wat met ‘n boot see toe gaan baie diep laat nadink. Dit is net logies dat enigeen, en veral die skipper, moet sorg dat veiligheidmaatsreëls te alle tye toegepas word. Selfs dan, en ek weet dat almal wat al see toe was, sal saamstem, is dit geen waarborg dat die ongeluk jou nie sal tref nie.

Sonder om te verwys na die Ralda 111, is daar een aspek wat ek voel baie riskant is  --  die anker.

Daar is seker bitter min bote wat nie in een of ander stadium probleme in hierdie opsig gehad het nie. Tog is daar sekere aksies wat gevolg kan word om groter veiligheid te verseker. Ons weet almal, of behoort te weet dat ‘n anker wat vassit ‘n gevaar is, en dit kan jy nooit heeltemal uitskakel nie. Eerstens moet die ankertou die regte lengte wees vir die diepte waar jy dit gaan gebruik. Nie net lank genoeg om die grond te bereik nie, maar lank genoeg vir die korrekte speling. Ook die lengte van jou ketting en die “trip”-tou se breekkrag is baie belangrik. Sorg veral daarvoor dat jou tou nie onder jou boot beland en in die motor se skroef beland nie. Die rigting wat die anker sak is baie belangrik in hierdie verband. Indien jou anker reg lê en korrek vasgemaak is, kan jy in ag genome stroomveranderings en winde jou tydjie verder geniet.

Met die optrek is daar weer ander dinge om in ag te hou. Daar moet goeie samewerking wees tussen die persoon wat die aksie uitvoer en die skipper. Weer eens is dit belangrik dat die rigting waarin  die ankertou lê dopgehou moet word en ook die spoed van die boot beheer word. Indien die anker, of die ketting in sommige gevalle, vassit moet een ding nóóit gedoen word  nie  --  moet nie al die speling intrek en dan die tou voor aan die boot se neus vasbind nie. Die groter gevaar is om dan staat te maak op ‘n swelling om die “trip”-tou te breek, of nog erger, met spoed dit te probeer doen.

Dit is baie veiliger om genoegsame speling op die tou toe te laat en dit dan met ‘n knoop wat kan skietgee, te bind. Let op dat die tou wanneer nou versigtig vorentoe beweeg word, nie in elk geval in die motors beland nie. Wanneer daar baie gesukkel word bly die beste opsie nog om maar die tou af te sny, maar watter verlies! Indien van ‘n ankervlot (“float”) gebruik gemaak word is die gevaarpunte baie dieselfde, behalwe natuurlik dat die anker losgery word en die kanse nog groter is dat die tou onder die motors sal beland. Om dit te verhoed word daar skuins gery en die boot dus skeefgetrek. As daar nie nou opgelet word na genoeg speling nie kan dit groot drama tot gevolg hê. Selfs al word al hierdie punte in ag geneem kan die onverwagse steeds gebeur.

Almal sal nie saamstem met my manier van doen nie, en daar sal ander faktore wees wat ook in gedagte gehou moet word, maar in hierdie rubriek kan net soveel behandel word. En daar is nog baie, baie ander dinge wat verkeerd kan loop. Dankie tog, nie alles sal nie. Versigtig net, en aan die bemanning van die Ralda 111en die wat daardeur geaffekteer word, ons innige simpatie.

Groete, Seemeeu

Anker hou gevare in

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant