Franskraal Rolbalnuus

Franskraal Rolbalnuus

Gansbaai Courant

Vlnr: Kim Breach, Ivan Giles, Madeline Janse van Rensburg en Marius de Wit

Die beplanners van rolbaltoernooie is deeglik bewus van die rol wat die weer kan speel in die aanbied van 'n suksesvolle en aangename toernooi.  Nat perk veroorsaak dat balle swaar rol en nat balle is glad en moeilik beheerbaar.  Daarbenewens belemmer reënklere beweeglikheid van spelers en is dit oor die algemeen nie juis aangenaam om met nat klere in die reën te speel nie.

Gevolglik is daar in die week voor die toernooi wat Franskraal op 21 September aangebied het, baie gebede opgestuur dat die weer tog op die dag sal saamspeel om die spel moontlik te maak.  Hoe nader daar aan die datum van die toernooi gekom is, hoe angstiger is die weerglase dopgehou en na weervoorspellings geluister.

Toe breek die 21ste aan en wonder bo wonder reën dit nie, hoewel dit bewolk en koud bly.  Spel is moontlik, die dag verloop volgens plan en die gees is goed.  Na afloop van die toernooi is almal dit eens – rolbal het weer gesorg vir 'n genotvolle dag ten spyte daarvan dat weersomstandighede nie ideaal was nie.  Hiervoor is al die deelnemers dankbaar.

Vyf spanne van Hermanus, 9 van Franskraal, 3 van Greyton en 1 van L’Agulhas het deelgeneem.  Aanvanklik het die Bestuur van Franskraal gevrees dat die besoekende spanne vergeefs moeite gedoen het om so ver hierheen te reis, maar almal was uiteindelik tevrede dat dit tog die moeite werd was.  Die smaaklike middagete wat voorgesit is, het ook gehelp om die koue te verdryf.  Die wenners van die toernooi was Ivan Giles en sy span van Franskraal en die tweede en derde plekke is ook deur spanne van Franskraal onder leiding van Hettie Lass en Betsie Schreuder onderskeidelik ingeneem.

Die toernooi is deur Burmar Civils en Build-it geborg en moontlik gemaak.  Franskraal waardeer hulle voortgesette ondersteuning van die klub.  Rolbal is lekker.  As jy dit nie glo nie, kom beleef dit!  Skakel vir Marius de Wit by 082-926 0892.

Pieter Conradie

Franskraal Rolbalnuus

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant