R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Verlede Maandag het VLV Gansbaai die voorreg gehad om vir Antie Stienie (Cindy Liebenberg) te ontmoet. Ongeveer 55 dames en 3 mans het 'n baie prettige middag deurgebring by die Gansbaai Family Church in Buitekantstraat. Daar was oomblikke van erns, en dan was dit gevolg met heerlike skatterlag en handeklap. Antie Stienie Verdoes is een van ses karakters wat deel is van die "famielie". Daar is ook Oom Hendrik Verdoes-Stienie se safariepak-kam-in-die-kous man met die mooiste borshare.
Flora Verdoes- Blomkunstenaar, Eufesia Verdoes- die Ds se vrou, Kekkel-en Leghorn hen met vet dye en boude, en dan Koekie Swart - 'n nuwe karakter waaraan sy nog "geboorte" moet gee.
By verre die gewildste is Antie Stienie wat oor die afgelope 12jr, by sowat 216 optreses, met 21 000 vroue, pret gepraat het.
Haar "motto"- "Mag ek en jy, liewe vriendin, elke dag in dankbaarheid leef en nooit toelaat dat iemand ons in 'n blik druk nie. Mag ons uitstaan sonder om bo-op iemand te staan.Mag ons nooit die waarde van 'n glimlag onderskat nie. Voluit. Nou!" Antie Stienie het waarlik haar Grense Verskuif.
Groot dankie aan Ronel de Villiers en haar Kuns en Handvlyt dames wat gesorg het vir al die plesier, en heerlike eetgoed daarna. Kinnie Schutte was die gelukkige wenner van 'n reuse "Hamper" en Marianna van Rensburg, 'n eerste inskrywer vir ons kompetisies het met haar gebak 'n eerste prys gekry. Dankie ook aan Adri, Mike en Elize vir hulle musiek voor die verrigtinge.
Aan Thys en Ronel de Villiers wat hierdie middag geborg het, baie, baie dankie. Ons wil ook graag ons dank oordra aan John Collings van die Gansbaai Family Church vir die klank en die gebruik van die saal. Hopelik sal Antie Stienie of een van haar "famielie" weer vir ons kom kuier in die toekoms.
(Iemand het 'n donkerbril in die saal gelos. Kontak Rienie)
Rienie Lüdick
Foto 1: Gesellige oomblik in die saal
Foto 2: Ronel de Villiers, Antie Stienie en Rienie Lüdick
Foto 3: Rita Groenewald , Antie Stienie en Anna Germishuys
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.