Internasionale Verpleegstersdag

Internasionale Verpleegstersdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

12 Mei staan jaarliks bekend as Internasionale Verpleegstersdag ter ere van verpleegsters wat hulle kennis en tyd met liefde en toegewydheid ten bate van pasiënte inspan. Verpleegsters word allerweë as die hartklop van gesondheidsorg erken. Die Bestuur en Beheerliggaam van Herberg-aan-See (HaS) het ook die nodige erkenning teenoor hulle verpleegsters gegee.

“In ons geval waar die groep relatief klein is, werk alle personeel hier as ‘n span saam en het ons dit goedgedink om aan almal in ons personeelkorps ‘n blyk van waardering te oorhandig,” het John van Rooyen, Bestuurder van HaS gesê. “Dit is ‘n groot voorreg vir my om almal van julle, ingesluit ons eie Florence Nightingale, Suster Linda Meyer, van harte te bedank vir die harde en opofferende werk wat julle bereid is om te doen.”

Op haar beurt het Suster Linda Meyer, wat sedert 1959 (55 jaar gelede) in die verplegingsberoep dien, almal bedank dat hulle bereid is om soos voorbeelde van Florence Nightingale hulle pligte in liefde te verrig. Linda het ook die agtergrond-geskiedenis van Florence Nightingale kortliks aan die teenwoordigers oorgedra, waarna sy die blyke van waardering aan elkeen oorhandig het. Tans is daar sowat 17 verpleeg-personeel in diens, maar die nagpersoneel kon nie tydens die foto-sessie teenwoordig wees nie. “Al wat ek trots van julle kan vra, is om vol te hou met die wonderlike werk waarmee julle besig is,” het Linda gesê.

Florence Nightingale is op 12 Mei 1820 in Florence, Italië gebore. Alhoewel sy deel van ‘n welgestelde familie was, het sy (met hewige teenkanting) geroepe gevoel om ‘n verpleegster te word. Sy het ‘n enorme bydrae op verskillende gebiede in hierdie verband gelewer en tydens die oorlogsjare het sy die titel Lady with the Lamp gekry. Florence het later die Nightingale-fonds gestig en die eerste opgeleide verpleegsters het op 16 Mei 1865 begin werk. Sy is in 1910 in die ouderdom van 90 in haar slaap oorlede.

Die Internasionale Raad van Verpleegsters se tema vir vanjaar se Verpleegstersdag is: “Nurses: A force for change. A vital resource for health”.

Hardus Botha

Slegs ‘n deel van Herberg-aan-See se verpleegsters op Verpleegstersdag, met die nagpersoneel wat nie teenwoordig kon wees nie

Internasionale Verpleegstersdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.