R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Sewe bote van Gansbaai se Pelagiese vissersvloot het Maandagaand uitstekende vangste gemaak. Die vloot het sowat 3 seemyl voor De Kelders hul nette in 18 faam water gegooi en 'n groot skool ansjovis aangekeer.
Mike Germishuys se Edelweiss het 'n maksimum vrag van 130 ton aanboord geneem terwyl die kleiner Kolgans van Piet Otto, 115 ton geskep het. Kolgans se net het weens die gewig geskeur en so ook dié van, van die ander bote.
Die vangste is Dinsdag tot vismeel en visolie verwerk en die dorp het, soos die ou Gansbaaiers sê, na geld geruik. Die skippers verwag om Woensdag weer uit te vaar en die hoop bestaan dat die skole ansjovis steeds in die Baai sal bly.
Francois de Jongh
Foto 1: David Baartman en Derrick Mahlonti by Edelweiss se vol vrag.
Foto 2: Jan Human, Johan (Visgees) Marais, en Apie van der Raath besig om Kolgans se geskeurde net te boet.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.