R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die wynproe-byeenkoms in die Great White House, Kleinbaai was soos gewoonlik gesellig en leersaam, met 5 van Whalehaven in die Hemel-en-Aarde Vallei se wyne wat te proe aangebied is.
Helmie de Vries, voorsitter van Gansbaai Wynproegilde het die nodige formaliteite afgehandel. Whalehaven se wynmaker, Reino Thiart, is aan die woord gestel.
“Ek het my loopbaan begin deur kliënte oor ‘n wye spektrum aan goeie wyne van oral in die wêreld bekend te stel,” het hy gesê. “Daarna is ek terug na Suid-Afrika waar ek na Suid-Afrikaanse wyne gekyk het, met die fokus op wat kliënte werklik geniet.” Reino het vir 5 jaar as ‘n kelder-assistant by Whalehaven gewerk, waarna hy assistant-wynmaker geword het, voordat hy in 2007 as hulle wynmaker aangestel is. Die wyne wat geproe is, is Whalehaven se 2012 Viognier Chardonnay, 2011 Chardonnay, 2013 Pinotage, 2010 Pinotage en 2010 Merlot. “Oor die algemeen is goeie silwers aan die wyne toegeken, maar die top wyn vir die aand volgens wynproelede was die uitstekende 2010 Merlot wat hulle met ‘n sterk goud bekroon het,” sê Helmie. “Wat interessant is, is dat die lede dit eens was dat die 2010 Pinotage ‘n uitstaande fynboskarakter het.”
Die Great White House se nuwe kok, Chris Pead het vir ‘n smaaklike en bypassende spyskaart gesorg. Die gebruiklike oorhandigings is deur Tertia Coetzee, wat ook verjaar het, aan Reino gedoen, met Olla Olivier wat ‘n blyk van waardering aan Sonja Voster oorhandig het en Ans Scoltz se suster, Helmien Hendriks van Ellisras, aan Chris.
Die volgende byeenkoms van Gansbaai Wynproegilde is vir Vrydag, 30 Mei geskeduleer. Kennis kan nou reeds geneem word dat daar nie gedurende Juniemaand ‘n byeenkoms aangebied gaan word nie.
Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.
Hardus Botha
Foto: Vlnr is Olla Olivier, Reino Thiart, Tertia Coetzee, Helmien Hendriks, Sonja Voster, Chris Pead en Helmie de Vries. Foto: Jane Bailey
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.