R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die eerste bestuursvergadering is op die 22ste April gehou en almal is baie entoestiasties oor die jaar wat voorlê en heelwat items is beplan. Daar is nog heelwat besighede wat nog nie by die Sakekamer aangesluit en die komitee het dus goed gedink om die visie en missie van die Gansbaai Sakekamer sowel as die voordele van lidmaatskap te publiseer.
Indien enige iemand belangstel kan Doulene by – info@gansbaaibusinesschamber.co.za gekontak word.
AGTERGROND
Gansbaai Sakekamer is in 1999 gestig.
Die Sakekamer het ten doel om die ekonomiese welvaart van sy lede te bevorder.
VISIE
Die daarstel van ‘n effektiewe forum wat deur dienslewering ‘n verteenwoordigende stem vir plaaslike besighede gee en ledebelange bevorder.
MISSIE
Om die sakegemeenskap in Gansbaai te bedien met diens, raad, inligting, opleiding en ondersteuning sodat lede hul sakepraktyke op ‘n eties aanvaarbare en ekonomies volhoubare wyse kan bevorder.
VOORDELE
¨ Skakeling met besighede en bou van goeie kontakte
¨ Ondersteuning aan lede deur middel van opleiding en sprekers
¨ Toegang tot AHI se dienste, kursusse, inligting en dokumentasie
¨ Aanspreek van probleemarea’s soos onwettige besighede en aktiwiteite
¨ Forum vir lede om gemeenskaplike sake & aangeleenthede te bespreek
¨ Skakeling met owerheidsinstansies
¨ AHI affiliasie bied groter drukgroep om sakebelange te bevorder
¨ Bevordering van ‘n aangename werksomgewing en sakegemeenskap
¨ Bevordering van sakegeleenthede
¨ Noue samewerking met plaaslike en ander owerhede
¨ Bou van goeie verhoudings met tersaaklike rolspelers
¨ Spesiale projekte om besoekers na Gansbaai te lok om die ekonomie te bevorder
¨ Skep netwerkgeleenthede om kontakte uit te bou met lede en nie lede
¨ Netwerk met ander instansies soos Toerisme, Sakekamers, AHI
¨ Bekostigbare ledegelde
Gansbaai Sakekamer Bestuur
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.