R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek hoop my voorspelling is in die kol. Moet erken, daar is niks om dit te staaf nie, maar gegrond op wat in die verlede gebeur het (Mei/Junie/ Julie) is dit wel moontlik.
Onlangse bootvangste was niks om oor huistoe te skryf nie, daarvoor was die water te “deurmekaar”. Hoewel heelwat van die regte wind (wes, suidwes en ook noordwes) gewaai en jy met baie moed see toe is, het die vis net nie gebyt nie. Al wat redelik beskikbaar was was hotties, PW’s en roman. Oulywe het ook gesig gewys maar moet nog volstoom aan die gang kom. Ek dink die vis behoort binnekort te begin byt (opdaag?). Ek persoonlik dink dit sal nie meer lank wees nie. Dis ‘n goeie plan om jou gereedskap intussen voor te berei. Sal dit nie aangenaam wees om te spook met ‘n ordentlike geelbek of miskien ‘n regte hardekoejawel snoek nie?
Vanaf einde Mei begin ons met iets nuuts in die hengelrubriek. Voor die aanvang van elke nuwe maand sal ‘n opsomming verskyn van bootvangste wat in daardie spesifieke periode van toepassing is vir die jare (1999 [beperk] en 2000 tot 2014). Ek moet dit duidelik maak dat dit slegs vangste en geleenthede is waarby ek persoonlik betrokke was (kommersieel sowel as sport en ontspanning) en die verwysings sal korrek wees. Alle ondermaatvis is teruggeplaas. Statistieke sal verskil aangesien een skipper byv. op haaie mag konsentreer terwyl die ander hotties verkies -- dus is geen vangste werklik verteenwoordigend van ‘n spesifieke vis nie.
My opsommings en gevolgtrekkings, hoewel dit nie kan beskou word, as sou die vangste in die toekoms weer so wees nie, sal wel ‘n aanduiding gee van wat in daardie besonderse maand raakgeloop kán word. Onthou egter dat die weer altyd ‘n effek op vangste sal hê. Alle sukses!
Groete, Seemeeu
Foto 1: Relêks se manne maak reg om see toe te gaan
Foto 2: ….. en as die vis nie byt nie, wys gerus die kleingoed wat eendag op hulle wag.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.