R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Hierdie tyd van die jaar hou rolbalspelers die weervoorspelling baie goed dop. Hulle kon egter nie kla nie want die afgelope tyd het ons ideale rolbalweer beleef waarvoor ons dankbaar is. 'n Mens kon die uitwerking van sulke mooi herfsdae duidelik op die deelnemers aan 'n geslote gemengde driespel toernooi op 13 Mei 2014 te Franskraal waarneem. Almal was opgeruimd en 'n gees van goedige mededinging het geheers. (Die bietjie reën later in die middag te spyt).
Die wenners van die dag was Jan Fouché, Charlie Nowers en Dalena Wessels met 28+14 punte. Die naaswenners was Boetie Retief, Comine Groenewald en Gerrie Fourie met 28+5, gevolg deur Gideon Pienaar, Jane de Villiers en Freddie van Eeden met 28+2.
Ons is ook baie dankbaar dat ons weer op een van ons staatmaker borge se nommer kon druk. OK Foods het, soos so dikwels in die verlede, die dag geborg
'n Dag na Tommie van Niekerk saam met sy klublede die toernooi geniet het, het hy die klub se naam hoog gehou tydens die Boland Senior Meesters Enkelspel kampioenskapstoernooi waar hy 'n brons medalje gewen het. Daarna het hy saam met 'n speler van Robertson, Martin van Zyl saamgespan om aan die Nasionale mans pare kampioenskap deel teen waar hulle tot die laaste twintig spelers deurgedring het. Die volgende rondtes word later gespeel. Wel gedaan Tommie. Ons hou duim vas vir julle!
Pieter Conradie
Foto : Ivan Giles (President), Jan Fouche, Dalenea Wessels en Charlie Nowers - wenners van die OK-borgdag.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.