R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Great White House is bevoorreg om nuwe hoofsjef, mnr Chris Pead (onder), by die restaurant te verwelkom.
Op Dinsdag, 20 Mei 2014, is ‘n verwelkoming vir Sjef Pead gereël. Hier het hy ons verras met ‘n drie-gang maaltyd, wat nie net 5 ster gehalte was nie, maar ook ‘n onvergeetlike fynproewerservaring was.
'n Paar uitsoek gaste is genooi om die hoë kwaliteit kos en voortreflike diens van die Great White House in Kleinbaai, te geniet. Hierdie funksie was net ‘n voorsmaak van dit wat nog vir besoekers aan die restaurant, voorlê. Chris sal in die nabye toekoms sy eie stempel op die algemene spyskaart afdruk, waar hy sy 26 jaar werkservaring in die restaurantbedryf sal gebruik, om dit wat klaar goed is, voortreflik te maak. Chris is van kleins af ‘n kos entoesias, en het op 5 jarige ouderdom aan sy eerste bak-kompetisie deelgeneem. Hy het al verskeie bestuursposte by groot maatskappye beklee. Die pos by die Great White House wat meer intiem en nader aan die kliënt is, gee hom ruimte om terug te beweeg na sy liefde vir kos en weer sy kreatiewe sy uit te leef. Hy is ook tevrede met sy besluit om Gansbaai vir die groot stad te verruil ten einde ‘n leefstyl aanpassing te maak.
Die spyskaart by die Great White House bevat menige tradisionele en internasionale gunsteling geregte, en spesialiseer veral in vars seekosse. Een van die seekos geregte behoort op elkeen se ‘moet dit probeer’ lysie wees. Chris se uithaler vaardighede komplimenteer die pragtige fasiliteite van die Great White House en ‘n kwaliteit eet-ervaring sal reg laat geskied aan die uitsonderlike walvis skelet wat bo die gaste uittroon.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.