Storm gereed

Storm gereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gereelde besoekers en inwoners wat in die omgewing van die nuwe hawemuur vir ontspanning gaan stap, sou die afgelope tyd enorme sementblokke in houtomhulsels daar opgemerk het. Hierdie blokke is deel van 8 vasmeerblokke (“mooring blocks) van Bertie Ramsauer van Dyer Eiland Visserye wat teen hoë kostes vervaardig word. Die enorme blokke weeg sowat 10 ton elk, met ‘n maat van 2.4m x 1.4m. In die middel steek ‘n enorme dik ketting uit waaraan die vissersbote geanker word om vir die winter se stormsee in Gansbaai hawe voorsiening te maak. Die blokke word met baie groot moeite en arbeid die hawe ingesleep en dan met ‘n lugsak die water in laat sak - een voor en een agter elke boot, waaraan die bote dan ekstra stewig vir die wintermaande se seestorms geanker kan word.

Nuwe Hawemuur: Uit gesprekvoeringe blyk dit dat die nuwe hawemuur se eerste reguit gedeelte ‘n groot bron van kommer is. “Daar is ‘n baie lang gedeelte onder die wal wat sodanig uitgekalwe is dat die seewater vryelik deurstroom en die moontlikheid van die wal wat in duie kan stort, kan nie uitgesluit word nie,” het verskeie persone gesê. Voorts veroorsaak die vrye deurspoel van die water sterk strome die hawe in, met ‘n eweneens sterk stroom wat by die ingang van die hawe inkom. Gansbaai Courant het op 9 Mei 2014 ‘n e-pos aan mnr Williams, Direkteur in die Departement gestuur waarin navrae in hierdie verband gerig is.

Die navraag is deur Fanie Fourie aan die Departement van Openbare Werke (DOW), voog van Gansbaai Hawe, gestuur en Fanie het die volgende inligting in hierdie verband ontvang:

“DOW het gereageer deur aan te dui dat hulle inderdaad baie besorg is oor die toestand van alle hawemure in die twaalf gelyste vissershawens en tans in die proses is om ‘n professionele taakspan saam te stel om ondersoek in te stel na die toestand van sodanige mure. Sodra sodanige taakspan se verslag gefinaliseer is, sal DOW besluit op verdere stappe indien benodig. DOW het ook daarop gewys dat hulle nie tans bewus is van enige verbrokkeling in die Gansbaai hawemuur nie, maar het gemeld dat in gedagte gehou moet word dat die Gansbaai hawemuur sodanig ontwerp is dat daar doelbewus verskeie openinge in die betrokke muur is om te help met modulering van die waterdruk weerskante van die muur.”  

Hardus Botha

 Foto: Een van die enorme vasmeerblokke (“mooring blocks) van Bertie Ramsauer van Dyer Eiland Visserye by Gansbaai Hawe se nuwe hawemuur, met ‘n tweede een in ‘n proses van finalisering langs-aan

Storm gereed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.