R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit word algemeen aanvaar dat 'n rolbalafrigter jou kan leer om 'n bal te rol wat die verlangde afstand sal rol. Ons noem dit die regte gewig. Hy of sy kan jou ook leer om die regte lyn te rol, want die bal sal altyd na die een of ander kant draai. Ons noem dit die regte gras.
Daar is egter 'n faktor wat net die speler self kan baasraak en dit is die sterkte van 'nwind wat waai. Verlede Saterdag tydens 'n toernooi waaraan spanne van Franskraal, Kleinmond, Hermanus, Caledon en Greyton by Hermanus deelgeneem het, was dit die geval toe 'n sterk noord-wester spelers se vermoë om by sulke winderige omstandighede aan te pas, tot die uiterste getoets het.
Die Dion Punt ligatoernooi is oor twee weke gespeel en elke klub het die geleentheid gekry om teen al die ander klubs te speel. Nadat die punte wat elke klub se spanne oor hierdie tydperk behaal het, bymekaar getel is, het dit geblyk dat Franskraal die beste daarin geslaag het om die wind op die laaste dag te tem en het hulle as die algehele wenner uit die stryd getree.
Die dag het ten spyte van die moeilike omstandighede goed verloop en Hermanus Rolbalklub word hartlik bedank vir die reëlings en verversings wat voorgesit is.
Welgedaan en geluk aan Franskraal Rolbalklub.
Una Conradie
Spanfoto: vlnr Marius de Wit, Chris Malec, Wally Nimb, Jaco Swart, Pieter Conradie, Jan Fouche, Ivan Giles, Gideon Pienaar, Johan Fick, Philip Malherbe, Kris Jooste en Pieter Beukes
Foto 2: Ivan Giles - President Franskraal en Ristoff van Wyk, Sone 3 Verteenwoordiger Boland
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.