R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Nou ja, daar is geen opwindende hengelnuus nie, nie vir die bote nie, asook wat die manne met die lang stokke betref. In die vorige rubriek het ek die voorspelling gewaag dat hierdie situasie nie lank gaan aanhou nie, en ek voel nog steeds so. Ek grond my bevinding nie soseer op my optimisme nie en ook nie op die huidige weersomstandighede nie. Selfs nie oor wat in hierdie komende maand die afgelope jare gevang is nie, maar op die volgende: Daar is geen manier dat die weer dieselfde gaan bly nie, dis amper volbloedwintertyd, en dís die weer wat die verandering gaan bring. Dan is daar nog “Murphy’s law” wat beteken dis tyd daarvoor, in elk geval!
Hierdie week die eerste van ‘n aantal plasings oor wat in ‘n sekere maand die afgelope jare gevang was.Dit sal aan die einde van elke maand verskyn en ‘n aanwysing vir die volgende maand bevat. Hou in gedagte dat dit nie beteken dat die vangste (in hierdie geval, Juniemaand) weer sal ooreenstem nie. Dit dui egter aan wat moontlik is, en soos gesien kan word, die verskeidenheid vis is genoeg vir lippe aflek. Die weer moet net saamspeel.
Daar word wel heelwat jong makriel gevang. En gerook, wie gaan kla?!
Opsomming JUNIE 1999-2013
2000. Geen rekord (Junie)
2001. Haai, baie kabeljou en geelbek
2002. Geelbek, haai, kabeljou, roman, hotties, PW, 1 makriel!
2003. 1 stokvis!! Hotties, snoek, geelbek, kabeljou, roman, baie makriel, mooi elwe.
2004. Kabeljoutjies, hotties, paar mooi geelsterte, roman, PW’s. (Paar ander bote vang paar bakke geelstert). Baie oulywe. Redelik geelbek. Elf.
2005. Haai, ondermaat silwervis. Elf, hotties, roman. *Wintergeelbek gee (normaalweg) pad na Moddergronde en dieper.
2006. Klein kabeljoutjies, 1 geelbekkie, paar silwervisse, haai, roman.
2007. Mooi PW’s. Roman, hotties, paar elwe. 1 ondermaat geelbekkie.
2008. Vangste swak. Klein vis.
2009. Paar geelbekke. Hotties, PW’s, haai, 1 witsteenbras (8,1 kg.), kabeljou. *Geelstert word by Eiland gevang.
2010. Roman, hotties, haai, snoek, makriel, silwervis.
2011. Makriel, oulywe.
2012. Hotties, silwervis, kabeljoutjies, haai, elf, snoekies.
2013. Hotties, roman, haai, 1 geelbek, silwervis.
Lekker vang, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.