Waboomsrivier se Wyne

Waboomsrivier se Wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos dit gewoonlik die geval is, het Gansbaai Wynproegilde se Meimaand byeenkoms met etlike verrassings vorendag gekom. Waboomsrivier Wynkelder, wat hoofsaaklik op grootmaat wynverkope fokus, het net drie bottelwyne op hulle webtuiste: Sauvignon Blanc 2013, Chenin Blanc 2013 en Arborea Red 2012. Hierdie beeld is egter terstonds vervang toe wynmaker Wim Viljoen tydens sy aanbieding met nie minder nie as 10 wyne vorendag kom om te proe en te beoordeel.

Een daarvan was hulle bottelwyn, Arborea Red 2012, maar die oorblywende 9 was almal tenkmonsters van hulle grootmaat wyne: Sauvignon Blanc 2014, Chenin Blanc 2014, Rosé Shiraz 2014, Shiraz 2014 (minder hout), Shiraz 2014 (meer hout), Pinotage 2014 (tradisioneel), Pinotage 2014, Shiraz (gefortifiseerd), Hanepoot (wit) en dan hulle Arborea Red 2012.

Die gaste se beoordeling het gewissel tussen sterk silwers en enkele goue toekennings. Waboomsrivier Wynkelder is in die Breërivier Vallei naby Worcester geleë en hulle grootmaat wyne bestaan uit sowat 40% rooi- en 60% witwyne. Wat Rosé betref, het Wim gemeld dat dié proe-genot groot opgang gedurende die afgelope klompie jare gemaak het. “Die vroeëre setlaars het hout van die Waboom, nou verwant aan die Protea-familie, Protea Arborea, gebruik om wa-wiele van te maak. Die bas van die Waboom, en selfs blare, is gebruik om ink van te maak, vandaar die naam Waboomsrivier Wynkelder,” het Wim gesê.

Wayne Devitt van Tolbos Bistro het homself oortref met sy broodtafel met hoender- en geelstert paté, saam met Tamatiebredie as hoofgereg en pannekoek slaapsakkies met piesang en karamelroom as nagereg. René Buys en Paul Dippenaar is aangewys om die gebruiklike blyke van waardering aan Wim Viljoen (aanbieder) en Annemarie Watney en Wayne Devitt van Tolbos Bistro te oorhandig. Voorsitter Helmie de Vries het die lede daaraan herinner dat daar nie ‘n byeenkoms einde Junie gaan wees nie, maar wel op Vrydag, 25 Julie 2014.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Foto: Die gebruiklike oorhandiging van blyke van waardering tydens ‘n gesellige wynproebyeenkoms in Tolbos Bristo, met vlnr Wayne Devitt, Renè Buys, Wim Viljoen, Annemarie Watney, Paul Dippenaar, Amanda en Helmie de Vries

Waboomsrivier se Wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.