R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. GOD het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser.” (Tit 3:5 Tit 3:6)
Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die kerk stilstaan rondom die uitstorting van die Heilige Gees – en juis in hierdie tyd ervaar ons opnuut die wonderlike werking van GOD in ons lewe deur die Heilige Gees. Ons as mense wil tog so graag daarop roem dat ons die Heilige Gees het, of dat ons die Heilige Gees in ons lewe ingenooi het. Maar as ons net vir ’n oomblik gaan stilstaan sal ons besef dat ons geen aandeel in hierdie wonderlike werking van die Heilige Gees in ons lewe het nie. Dit is suiwer GOD se werk! Ja, jy hoor die Bybel tereg sê dat die mens NIKS kan doen om sy saak met GOD te verbeter nie. Dis alles net genade van GOD se kant af. (Efesiërs 2:8-10, 2 Korintiërs 5:18 en Titus 3:6) Ons kan nie met al ons planne of met ons eie verstand of al ons krag GOD oortuig om ons deel te laat kry aan die ewige lewe nie. Ons kan nie die Heilige Gees oortuig om ons as GOD se kinders te aanvaar nie. Want jy sien - GOD doen dit self as gevolg van Sy groot liefde vir ons. Dit is die grootste wonderwerk in jou lewe!
Vir baie gelowiges gaan hierdie volgende stelling as ’n skok kom. Vir ander gaan dit dalk die eerste keer in hulle lewe bevryding bring: Die mens, ja, ek en jy – kan niks doen om GOD beter van ons te laat dink nie. Ons het geen aandeel aan ons verlossing nie – want dit is 100 % GOD se keuse om ons te red, om Sy Heilige Gees in ons lewe uit te stort en om die gebroke verhouding met Hom te herstel. Al wat ons kan doen, is om hierdie nuwe lewe wat GOD reeds aan ons geskenk het, te aanvaar en met oorgawe tot eer van GOD te begin lewe. Hoe meer ons die Bybel lees, hoe beter gaan ons die stem van GOD (die Heilige Gees) in ons lewe hoor. Hoe minder ons die Bybel lees, hoe swakker gaan ons GOD se stem hoor.
Die Heilige Gees is elke dag besig om te werk in jou lewe. Jy hoef nie te wag dat Hy kom nie. Op Pinksterdag het Hy gekom en Hy het nog nooit die kerk verlaat nie. Maak oop jou Bybel en luister wat Hy vir jou wil sê!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.