Amerikaners besoek Academia

Amerikaners besoek Academia

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Academia het Donderdag 29 Mei besoek ontvang van Joan en Peter Vaughan. Al die pad van Texas, Dallas. Mnr Tommy Wilson, prinsipaal van Academia, het Joan ontmoet by ‘n Prinsipale Werkswinkel van Partners of Possibilities, by UWK. Joan is ‘n afgetrede prinsipaal en haar man, Peter, wat al in die Withuis gewerk het, is ‘n Besigheidskonsultant. Joan het Academia besoek om te kyk met watter skool in Amerika sy Academia mee kan pas as “partner”.

Joan en haar man was geweldig beïndruk met die skool en sy geslaagde diversiteit. Hulle is getrakteer met ontbyt in die skool se restaurant en die skool se marimba spelers asook die isiXhosa koor het hulle vermaak. Peter het laat blyk dat hy al baie skole in sowat 40 lande besoek het, en dat die ontvangs wat hulle by Academia gekry het enig in sy soort was. Joan het die graad 11 Wiskundige Geletterdheid klas van juffrou Mostert besoek en persoonlik ervaar wat ‘n dubbel medium klas behels. Sy was eers onder die indruk dat daar spesiaal vir haar vertaal is maar nadat sy meegedeel is dat meeste van die klasse in VOO-band in dubbel medium aangebied word was sy baie beïndruk.

Academia glo dat ‘n oorsese assosiasie groot voordele sal inhou vir die skool se leerders. Groot dinge lê voor vir die skool en die skool gaan aktief betrokke wees by twee projekte wat later in die jaar aangekondig sal word. ‘n Groot hindernis by die skool is die gebrek aan vervoer. Die skool wil baie graag sy eie bussies hê sodat leerders blootgestel kan word aan tersiêre inrigtings, leerders na sport en kultuur geleenthede te vervoer en leerders die kans gun om hul vlerke te sprei. Die impak van die skool as ‘n opvoedkindige instelling moet nie onderskat word nie. Die skool word hoog aangeskryf deur die departement en word geloof vir wat in ‘n baie kort tyd vermag is. Academia kan net baat met plaaslike ondersteuning en die inkoop van oorsese instansies om te verseker dat die skool ‘n sentrum van uitnemendheid word.   

Joan het die volgende op haar Amerikaanse Facebook te sê gehad. 

"As Peter and I have travelled the Western Cape for Partners for Possibility these last few weeks, we've visited many no-fee schools with truly deplorable conditions; they are under-resourced, under-staffed, under-trained, under-motivated, and shockingly under-performing.

Yet, every once in a while we encounter a gem, a successful no-fee school where learning is paramount and results are stellar. This week we were privileged to encounter two such oases, and spent several days visiting classrooms and interviewing both teachers and administrators.

I am a firm believer that "success leaves footprints" and am fascinated to learn why some no-fee schools, facing EXACTLY  the  same daunting challenges as others in South Africa, are resourceful and inventive enough to overcome the staggering obstacles.

Interestingly, the leaders of these schools are ALL Godly men and women; convinced their leadership is a calling rather than a job, and cognoscente their learners will affect the future of South Africa. To an individual, they are relationship gurus, seeing the gifts in their teachers and students, and quick to praise and celebrate every success instead of dwelling on deficiencies.

I’m attaching a video from Gansbaai Academia, a four year old no-fee high-school in a tiny, isolated coastal fishing town, where unemployment is massive due to the new fishing restrictions and where hope is low. The dual-medium school (Afrikaans and English) is 43% coloured (SA term for multi-racial), 44% African (several different tribes, but largely isiXhosa), 13% white, 1% Asian. The matriculation rate is a stunning 94%...absolutely unheard of in an area so economically depressed. Peter and I were treated to a lovely breakfast prepared by the students and governing body, and were entertained by their choir and marimba band, which touched our hearts. Fund-raising is a constant issue; when we were there, they cancelled a sport event for that day, as learners could not afford to pay for a bus. We will see how we can muster some businesses to help this!"

Liezel Mostert

Foto : Joan en Peter Vaughan saam met mnr Tommy Wilson

Amerikaners besoek Academia

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.