Meer en meer soos Jesus 1

Meer en meer soos Jesus 1

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“ Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.” (1Joh 2:6) “Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik.... in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus.” (1Joh 4:17)

Jy kan maar sê wat jy wil van ander godsdienstige groepe, maar as jy na die Moslems kyk dan sien jy dadelik hulle is Moslems en hulle leef hulle geloof volkome uit. ’n Jood sal stiptelik elke dag sy roetine volg en sy gebede opsê. ’n Boeddhis sal vier uur  in die môre opstaan en kilometers vêr loop om sy daaglikse toewyding ritueel uit te voer. Die vraag wat ek wil vra is dit: Kan die wêreld sien ons is Christene? Lyk ons soos Christene en tree ons op soos volgelinge van Jesus Christus?

Kom ons praat vandag en die volgende paar weke met mekaar ernstig en biddend saam oor die feit dat ons meer en meer soos Jesus moet lyk en optree. Kom ons vra onsself die vraag af of mense in ons optrede Jesus kan raaksien of nie. In sy boek “The Christian Atheist”  wys Craig Groeschel daarop dat dit juis die Christene se leefstyl is wat hulle onchristelik maak. Ons is nie net in die wêreld nie, ons lyk ook soos die wêreld! Ons is onvriendelik, onbeskofte en ongeduldige bestuurders, geldgierig en afgunstig op mekaar. Dis ons leefstyl wat ander gelowe afstoot en maak dat baie min mense in die moderne wêreld hulle tot die Christendom bekeer!

“Meer en meer soos Jesus” beteken dat ons bereid sal wees om teenoor alle mense  te reageer soos Jesus gedoen het. Al was Hy ’n Jood van geboorte het hy teenoor die Samaritane wat eintlik die Jode vyandiggesind was, vriendelik en tegemoetkomend opgetree het. Dink maar hoe vriendelik was Hy met die Samaritaanse vrou by die put. (Johannes 4) En sy was ’n vrou met ’n reputasie! Let net op hoe ons in ons dorp se strate by mekaar verbystap sonder om te groet, of ’n vriendelike woord te sê. As jy my nie glo nie, kyk ’n bietjie rond hoeveel mense jou nie eers in die oë kyk as jy met hulle praat nie. As jy in die straat stap kan die ander mense sien jy is ’n kind van Jesus?

Ongelowiges, nie-christene, lees nie die Bybel nie – die enigste teks wat hulle kan lees is ons lewens. Jy is Jesus se lewensgrootte advertensiebord wat heeldag moet adverteer dat jy Sy kind is. As skoolkinders in die straat stap kan jy aan hulle uniforms sien watter skool hulle verteenwoordig. Jou oë en jou glimlag, ja, jou gesindheid is ’n bewys van watter geloof jy aanhang. Kom laat ons bewustelik begin om meer en meer soos Jesus te dink – en dan ook só te leef! Dit is GOD se gróót opdrag aan elke Christen!

Meer en meer soos Jesus 1

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.