Oppas vir die diewe

Oppas vir die diewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Deurmekaar! Dis al manier om die visvangsituasie te beskryf. Soos voorspel was daar darem ‘n paar mooi geelbekke asook ‘n paar bul-kabeljoue  --   ons praat van ‘n  paar kilo oor die 20. ‘n Paar bote het met groot verwagting die dieper water gaan opsoek in die hoop om tog maar ‘n geelbek of twee te kry, maar so het dit ook nie gewerk nie. Die ouens wat wel suksesvol was was eerder die uitsondering. Dit help darem om te weet die vis is hier rond en soos vroeër voorspel, behoort die eintlike bytslag net om die draai te wees. Hou egter die weer goed dop en moenie kanse waag nie. Die een dag is die weer en die water onverbeterlik en net die volgende dag is dit koes-koes vir die hael en keer vir die wind.

Wat die stokmanne betref is die storie ook maar nie te wonderlik nie. Daar is tog ouens wat met reg kan spog maar op die Gruis byvoorbeeld is daar baie klein galjoentjies waarvan die meeste teruggeplaas moet word. Maar ook die manne met die lang stokke kan maar gereed staan. Gee die weer net kans.

Op ‘n baie onvriendeliker noot. Indien jou boot buite staan, wees asb. versigtig. Daar is by meer as een ingebreek en baie visgoed en petrol het voete gekry. Laat ek hierdie diewe waarsku  --  jy moet nie gaan staan en lol met ‘n ou se visgoed nie. Word jy vasgetrap gaan daar groot pêrre wees!

Groete, Seemeeu

Foto: Nee, hierdie mooi hotties is nie nou onlangs gevang nie maar Jannie Roux, Freddie Carse en Steve Serbon kan getuig dat hulle so rukkie terug heerlik gesmul het. Die foto is sommer vir die lekkerkry!

Oppas vir die diewe

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.