Worcester maak klaar met die Baai

Worcester maak klaar met die Baai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Watter lang "trip" moes dit nie vir Black Leaves gewees het Worcester toe nie om daar al drie hul spanne op hul herrie te gaan kry.

Die Gansbaaiers het nou al 'n paar goeie wedstryde gespeel waarvan daar 'n paar goeies gewen was. Wat sal 'n mens nou sê van die Worcester stryd? Daar moet darem seker 'n paar goeie verskonings wees vir 'n verloorstryd of hoe? Kom ons speel  oop kaarte met mekaar en kyk wat verkeerd geloop het. 'n Mens sal maar seker graag die aangeleentheid binnenshuis wil regstel maar die ondersteunende lesers publiek wil darem ook maar seker lees of hoor wat het dan regtig plaasgevind met hierdie opwindende rugbyspan van Gansbaai.

Nie een van Black Leaves se drie spanne het voltallig opgedaag nie en dit was alreeds punte teen hulle voor hulle by Worcester opgedaag het. Sou dit die ekonomie wees wat druk, beserings, laksheid of partytjies-hou? Maar een ding wat staan soos 'n paal bo water is dat hierdie manne wat daar was besluit het om vir mekaar te speel ongeag die negatiewe faktore wat hulle gekelder het.

Met min ondersteuning aan die derdespan se kant en Worcester Stadion wat begin vol pak het die onoorwonne derdespan veld gevat maar Worcester (Hamiltons) se tuisvoordeel met skeidsregter en al het die manne die aftog laat blaas. Hierdie wedstryd het heelpad wipplank gery tot op 8 punte elk voordat die skeidsregter ± 10 minute na speeltyd eers halt roep nadat Worcester die genoegsame wenpunte kon aanteken, maar hier het die manne hulle  hart uitgespeel.

Met die aanvang van die tweedespan wedstryd moes van die derdespan manne maar weer diens gaan doen en die gevolg was, Worcester se groter tweedespan behaal 'n weghol oorwinning.

Die tyd breek toe aan waarna die twee grotes mekaar pak. Worcester ruik eerste bloed met twee strafskoppe (6-0). Black Leaves antwoord kort daarna met 'n strafdoel deur Brendon Dickson (3-6). Met 'n baie onervare agterlyn hier die Baai se agttal hulle goed beskerm met goeie fasette om hul agterlyn in goeie kanale te speel. Veral hier het Gavin Wildschut (Yster), Kobus (Bergbees) en Gollie Bresse geslaan. Die skeidsregter vir die dag het baie van hierdie bewegings in die kiem gesmoor en Black Leaves die rug gewys met strafskoppe teen hulle. Veral met Brendon bal in die hand is hy 'n nagmerrie vir ander spanne. 'n Mens sal meer wil sien dat Brendon en Devon Slabbert as 'n skakelpaarkombinasie ontaard. Brendon behaal ook 'n verdoelde drie deur homself vir 'n bydrae van al sy span se tienpunte. Black Leaves keer egter wel huis toe sonder enige punte in die sakkie.

Die span van die Baai geniet hierdie komende naweek 'n ruskansie voordat Hamlets van Ceres op 21 Junie tuis aangedurf word. "Come what may", die bestuurspan van Black Leaves het toe net daar en klaar besluit dit sal presies dieselfde troepe wat hul lywe op die spel geplaas het teen Worcester vir Hamlets van Ceres hier tuis op Gansbaai voor hul skare sal pak. Hierdie krygsmanne se name sal in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant verskyn. Al die afwesige spelers (Worcester) moet hulle by die bestuur aanmeld. "Finish en klaar".

So sê Bra "G"

Foto 1: Courant Argieffoto van Black Leaves in aksie

Foto 2: Die eerstespan spog hier in hul nuwe truie wat deur Build It en H+I geborg is.  Agter: Jack Jacobs (voorsitter), Morné Bradbury (afrigter), Bernard Germishuys, Ricardo Maans, Ruduwaan Preslin, Franco Fredericks, Owen Koert, Riaan Arends, Melvin Tobias, Franklin Pieters, Brian Hess, Vernon Dreyer, Michael Vermeulen (afrigter), William Swart, Johan Kruger (borg H+I).  Voor: Gavin Smith, Elrich Dunsdon, Brendan Lee-Dickson, Bradwill Europa, Elias Hans, Dilano Booysen, Peter John Aploon, Eben Olyn, Steward Jacobs, Friedel Bitterhout.

Worcester maak klaar met die Baai

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.