Stormsee kortwiek hengel

Stormsee kortwiek hengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sterk stormweer, sinoniem met die winterseisoen, het weer eens die afgelope boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub gekort-wiek. Al raak die hengelaars bekommerd oor hulle jaarpunte, het afgelaste kompetisies geen invloed op die gebruiklike funksies daarna nie. Ongelukkig moes die borgskap deur Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop weer eens vir die volgende kompetisie oorstaan. Net so ongelukkig kon wedstrydsekretaris, Johan Burmeister, nie afgeneem word nie (‘n hartseer saak vir hom!), aangesien daar geen prysoorhandigings gedoen is nie.

Die klubsaal was weer eens gevul met gesellige, kletsende en dansende klublede en gaste. Raymond Rabe het oudergewoonte vir voete-jeuk dansmusiek met sy Musiekfabriek gesorg. Smaaklike vis, skyfies, slaai en nagereg is voorgesit, met ‘n heerlike broodtafel vooraf. Klublid Thys Fourie het vir ekstra geselskap gesorg deur sy dogter, Annette Fourie en Benet Botha van Belville saam te bring, asook Marie Reid se 40-jaarlange vriende/werk-nemers, Paul en Magriet Adams van die Paarl. Dus ‘n gesellige tafel van kennisse, soos dit ook die gebruiklike geval is met ‘n groep Hermanus-vriende wat die klub se funksies gereeld bywoon - alles tekens van genotvolle maandeindfunksies. Die gebruiklike geluktrekking is ook weer deur Johan Wiese gereël, met Margi Muller wat die gelukkige nommers toe-oë moes trek. Die gelukkige wenners was klublid Brain King van Durbanville en Ané Staunton wat vanaf Hermanus kom kuier het.

Die volgende boothengelkompetisie vir die Birkenhead Boothengelklub is vir Saterdag, 19 Julie 2014 geskeduleer, insluitend die gebruiklike en gesellige aandfunksie. Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter by 082-747-3634.

Hardus Botha

Foto: Vlnr is die wenners van die geluktrekking, Brain King en Ané Staunton saam met Margi Muller en Johan Wiese

Stormsee kortwiek hengel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.