R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Met die water wat onstuimig is is die seetoegaandae weer aan die min kant, hoewel dit laas Vrydag en Saterdag heel aangenaam was. Al wat werklik genoem kan word is die mooi silwervis wat gevang was. Ordentlike romanne is darem ook aangekeer en ook heelpaar hotties, hoewel hulle ook nie juis wild aan die byt gegaan het nie. Wat met my gebeur het was dat ‘n redelike mooi vis aan die hoek (deur ‘n haai?) afgehap is en ek net met die kop aan bly sit het. Dis lelike goed daai! Baie manne se oë was vasgenael op die seewater met die idee dat die snoek sy opwagting moet maak, maar verniet!
Ek het ‘n baie interessante rede vir die afwesigheid van die snoek verneem en dit is dat die seebodem hier by ons nie vir die snoek op die oomblik aanvaarbaar is nie. Totdat dit verander is die kanse skraal dat hierdie vis hier sal opdaag. Miskien is daar ‘n meer aanvaarbare verklaring. Dis nou buiten die normale verskoning oor weerstoestande. Normaalweg dop die snoekies by Kleinmond en Hermanus uit voor ons ‘n beurt kry, maar daar is mos altyd die uitsondering. Daar word steeds by bote ingebreek en dit lyk asof die teiken die vol petroltenks is. Ook die batterye is nie veilig nie. In een geval is by die skipper se huis ingekom en sy kamera gesteel -- en dit terwyl hy en sy vrou in die huis geslaap het. Indien dit nie moontlik is om jou boot weg te bêre en toe te sluit nie, wees asseblief voorbereid op so ‘n skelmsteek.
Einde van die naweek het die water gewys dat geen hengelaar dit eers moes oorweeg om see toe te gaan nie. Ek hou daarby dat, sodra die see dit toelaat, die vis sal beginne byt. Hoe lank kan dit nou duur?
Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.