R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op 7 Junie 2014 het Franskraal Rolbalklub sy laaste toernooi van die 2013/2014 seisoen aangebied. Dit was 'n ope driespel waaraan elf spanne van elders (Ceres, Caledon, Kleinmond, Hermanus en L’Agulhas) en nege spanne van Franskraal deelgeneem het. Hierdie tyd van die jaar is dit altyd moeilik om 'n toernooi te reël omdat die winterweer byna onvoorspelbaar is. Die toernooidag het aangebreek en dit was asof die elemente wou hê dat die dag suksesvol moet wees en 'n amperse herfsdag het 'n volle dag se rolbal moontlik gemaak. Franskraal Rolbalklub is dankbaar vir die ondersteuning van rolbalspelers van elders wat ingeskryf het, asook vir die volgehoue jarelange borgskap van Gansbaai Marine.
Die wenners van die toernooi was soos volg: Garth Thiel en sy span van L’Agulhas was eerste met 39+38 punte met Nico Kriel en sy span van Caledon in die tweede plek met 37+36. Franskraal se Tommie van Niekerk, Mike Puttick en Henk van der Walt het in die derde plek geëindig met 36+42. Tot volgende seisoen.
Pieter Conradie
Foto: Die L'Agulhasspan is as die algehele Gansbaai Marine Borgdag wenners gekroon vlnr : Jacques Prins, Garth Thiel, Thabo Thiel (Jnr), saam met Franskraal president, Ivan Giles
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.