Pret met rekenaars

Pret met rekenaars

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Indien daar ouers is wat wonder wat vang die groep jongmense van Gansbaai Gamers tydens hulle byeenkomste aan, wees gerus - vir hulle is dit groot en suiwer pret. Die groep, onder leiding van hulle sameroeper, Jacques van Lill, het weer verlede Saterdag in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal bymekaargekom. “Daar was sowat 30 lede met 20+ rekenaars bymekaar,” vertel Jacques. “Wat vir my baie positief is, is dat daar baie nuwelinge bygekom.”

Sy regterhand is sy broer, Riaan van Lill, eienaar van Computer Something wat verantwoordelik is vir die enorme taak van opkoppeling, bedrading, klanksisteem en sommer vir alles wat nodig is om die “bedryf” behoorlik aan die gang te kry. Riaan kan by 076-647-6443 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by admin@gansbaaisa.co.za.

Die groep is van vroeg tot laat op ‘n Saterdag bedrywig. “Hierdie keer het ek nie ‘n borg vir bietjie verversings gevra nie, maar ek sal volgende keer weer so maak, aangesien ons altyd tegemoetgekom word met verversings vir die byeenkomste,” sê Jacques. “Ons reël ook ons byeenkomste kort voordat die skole sluit en dan weer voordat dit heropen sodat ons nie inbreuk maak op leerders se aktiwiteite en eksamens nie.”

Die twee broers doen graag die volgende bedankings: lede wat opgedaag het; ouers wat toestemming daarvoor verleen; Johan van Staden van Suidsee Wireless wat gereeld ‘n regterhand is met internet-opkoppelings. Dit is weer eens bevestig dat ouers gerus kan voel oor hierdie byeenkomste en dat dit loutere pret en gesellige samesyn tussen die jongelinge is, in plaas daarvan om elders en op ongewenste plekke te gaan kuier. "Baie dankie ook aan tannie Glenda Kitley van Gansbaai Toerisme vir die saalfasiliteite wat tot ons beskikking gestel word," sê Jacques.

Navrae rakende die Gansbaai Gamers kan aan Jacques by 072-786-2340 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.

Hardus Botha

Foto: Verlede  Saterdag se rekenaar-jongmense, met vlnr in die 2de ry Riaan, Jacques en Elzaan (voormalige Mej Fees van die Ganse) van Lill, saam met Bianca de Koning (voormalige Gansbaai Academia Hoofdogter), wat vanaf Bloemfontein Universiteit kom kuier het.

Pret met rekenaars

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.