R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit het die Gansbaaiers weer eens bloedsweet gekos om die span van Ceres die loef af te steek, maar 'n wen is weer eens 'n wen. Eers het Black Leaves se derde span hul verloorstryd van voor verlede week teen Worcester reggestel om met 3-0 as oorwinnaars van die veld te stap om die "bar man" te gaan besig hou. Wat daarna gebeur het met Gansbaai se tweede span moet ons maar almal ingryp om daardie sinkende "Titanic te safe." Daar bly nog een wedstryd oor in die eerste helfte teen Montagu wat 7 Julie weg plaasvind. Weet hierdie span dalk iets soos van die bordjies verhang?
Met die telling wat nog op 'n oomblik op 'n mespunt gebalanseer was, het Ceres die Gansbaaiers se botter laat vries en Black Leaves se tweedes met 31-10 kaf gedraf. (Die koue bokkevelders darem nê). Maar, "watch die boys" vorentoe.
Die oomblik van afwagting, spanning en waarheid breek toe om 16:00 aan toe die grotes van die dag mekaar in die gaatjie pak. Sommer vroeg al met die afskop wys die Ceres manne die Baai waar om te staan (twee maal binne 10 minute agter hul eie doellyn 14-0). Kyk hier, daarna het dit dik gegaan voordat Gavin Wildschut (die ware yster) Ceres se doellyn oorgebars het vir 'n drie (Divvie verdoel 14-7 Ceres se guns). Ceres behaal daarna nog twee stafdoele (20-7) voordat die manne gaan water drink. Met die aanbreek van die tweede helfte was daar 'n paar strategiese veranderinge aangebring wat net die regte ding was. Peter John Aploon (haker) en Melvin Tobias teken die broodnodige 2 drieë aan, verdoel deur Steward Jacobs wat dan toe ook Hamlets se doppie klink (sjoe, watter lang pad terug Ceres toe). Maans, Gavin, Eli, Peter John en Bale (ervaring) teenoor Brenton-Lee Dickson, Devan Slabbert, Adriaan Appel, Anwill Hickley, Clayton Niemand en Steward Jacobs (jeug) kan in die toekoms 'n komnbinasie ontwikkel. Daardie Divvie is gevaarlik, bestuur hom reg. Denver August O/19 afrigter van Boland spog met produkte soos Daan Otto en Justin Blood in sy span (gaan nog meer van hulle hoor). Pieter Jantjies O/21 hulpafrigter van Boland loop breë bors en kry nie sy arms toe van die trotsheid oor sy troepe: Brenton, Devan, Delano en Steward, wat die komende Saterdag verteenwoordigend gaan optree in die Bolandstreek Kompetisie. Hierdie latte is almal produkte van die Overbergstreek. Hiervandaan Springbokspan toe asseblief net om die oorheersende All Blacks se tjank te gaan aftrap, manne.
So Sê Bra "G"
Foto 1: Franco Fredericks, skrumskakel, maak skoon agter die losskrum.
Foto 2: Eli Hans (agsteman) wen 'n lynstaanbal vir Black Leaves.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.