R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Sakekamer is verlede week by die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) Wes-Kaap Kongres 2014 aangewys as die sakekamer van die jaar.
Die kongres wat op 25 & 26 Junie by die Alee Bleue Wynlandgoed in Simondium gehou is, is bygewoon deur groot getalle sakemense.
Gansbaai is verteenwoordig deur die Voorsitter, Fanie Bothma en bestuurslid, Neels Claassen.
Die AHI se voorsitter Piet Badenhorst het die gala-aand geopen en die gasspreker was Minister Alan Winde: Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme. Hy het duidelik sy prioriteite uitgespel. Dit het ten doel dat die regering die klimaat moet skep vir besighede om te floreer. As besighede gemaklik kan sake doen,dan groei die ekonomie en word meer mense in diens geneem. Daarna het Christo van der Rheede: Hoof Uitvoerende Beampte van die AHI ook ‘n boodskap gebring oor die knelpunte in die ekonomie en die sake waarop die AHI fokus. Hy het sterk beklemtoon dat plaaslike ekonomiese ontwikkeling die prioriteit by alle munisipaliteite behoort te wees.
Verskeie Sakekamers is daarna aan die gaste voorgehou met ‘n beskrywing van wat hulle bereik het. Elkeen wat genoem is se besonderse prestasies is voorgehou. Daarna is nog ‘n Sakekamer se aktiwiteite aan die gehoor voorgehou – sonder om hulle naam te noem. Heelwat gewag is gemaak van wat alles bereik is deur hierdie plattelandse Sakekamer. Deur volgehoue harde werk en baie deursettingsvermoë is baie projekte die afgelope jaar afgehandel. Die positiwiteit wat daar heers is aansteeklik en hulle word aangemoedig om daarop voort te bou. ‘n Spesiale toekenning is gemaak aan die Sakekamer van die Jaar, wat volgens die Voorsitter, Piet Badenhorst, die beste presteer het.
Gansbaai Sakekamer is na die podium opgeroep en Piet Badenhorst (voorsitter) & Leonie van der Merwe (kantoorhoof) het ‘n skild oorhandig aan Fanie Bothma (Voorsitter: Gansbaai Sakekamer) met die aankondiging dat Gansbaai Sakekamer aangewys is as Sakekamer van die Jaar. Hierdie toekenning was onverwags en ‘n groot verrassing. Gansbaai Sakekamer het met trots die mooi trofee in ontvangs geneem terwyl die konferensiegangers hulle staande toegejuig het. Sover bekend is dit die eerste keer dat hierdie eer vir Gansbaai te beurt geval het," het Bothma gesê.
Francois de Jongh
Foto: Voor (vlnr): Christo van der Rheede: Hoofuitvoerende Beampte; Sheraz Raban: Onder-Voorsitter, AHI, Wes-Kaap; Fanie Bothma: Voorsitter, Gansbaai Sakekamer; Neels Claassen: Bestuurslid, Gansbaai Sakekamer en Piet Badenhorst: Voorsitter, AHI Wes-Kaap. Agter (vlnr): Orton King: Bestuurslid, AHI Wes-Kaap; en Minister Alan Winde: Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.