R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Met die pasafgelope interne fotografiekompetisie van Gansbaai Fotografieklub agter die rug, is die kompetisie vir Novembermaand reeds in die vooruitsig gestel.
Die tema van die vorige kompetisie was “weerkaatsings” (“reflections”) en Linda Kloppers het as algehele wenner uit die stryd getree. Chris en Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods het ‘n pragtige Wisseltrofee vir die klub se interne kompetisies geskenk en geborg, met Gideon Jansen van Vuuren, Bestuurder: Gansbaai OK Foods wat dit aan Linda oorhandig het.
Die sluitingsdatum vir November se Interne Kompetisie is 14 November 2014. Die aanwys van die wenners, asook die prysoorhandigings sal tydens die klub se Jaareindfunksie op 5 Desember 2014 plaasvind. Twee of drie beoordelaars sal vir die beoordeling van die foto’s verantwoordelik wees en die tema is “Aksies” (“Actions”).
Intussen het die Bestuur van die klub reeds die opwindende program vir die tweede helfte van 2014 opgestel. Daar kan na ‘n verskeidenheid van interessanthede, asook projekte en uitstappies, uitgesien word. ‘n Deel van die fotografie-spyskaart is onder andere interessante temas vir fotosessies, sprekers, skattejag, ‘n moontlike besoek aan Kirstenbosch Botaniese Tuine, ‘n uitstappie na Baardskeerdersbos, ‘n besoek aan ‘n plaaslike Wynkelder, ‘n gemeenskapsprojek en veel meer.
In die vorige uitgawe van Gansbaai Courant is reeds na Hugh-Daniel Grobler, ‘n klublid, se uitmuntende prestasie verwys. In ‘n onderhoud met Buite van Die Burger (24 Junie 2014), het hy onder andere gesê: “Ek glo jy kan altyd iets leer - in my geval is dit: Hoe meer ek leer, hoe meer geniet ek my fotografie.” Hy het met 2 van sy foto’s onder die Top 10 geëindig. Marc du Plessis, Kompetisie-offisier van die klub, kan by 083-628-9335 vir navrae en kompetisiereëls gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by marc@gbpc.co.za.
Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.
Hardus Botha
Foto: Vlnr is Gideon Jansen van Vuuren, Linda Kloppers (wenner), Christo Wessels (voorsitter) en Chris van Rensburg tydens die oorhandiging van die Gansbaai OK Foods Wissel Trofee aan Linda.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.