R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die algemene Jaarvergadering van Franskraal Rolbalklub wat op Vrydag 20 Junie, na lang voorbereiding, gehou is behoort tot die verlede. Hiermee rig ons woorde van hartlike dank aan die uittredende President en -Bestuurspan vir die harde werk wat hulle die afgelope jaar, suksesvol, tot voordeel van Franskraal Rolbalklub verrig het. U werk en ywer word baie hoog op prys gestel. Ivan aan jou en jou span wens ons alles wat mooi is toe en ons hoop julle geniet nou rolbal sonder die gepaardgaande stres van die verskillende ampte.
Die nuwe verkose bestuur is: President - Philip Malherbe, Vise-President - Jane de Villiers, Sekretaris - Marius de Wit, Tesourier - Kristo Jooste, Klubkaptein - Archie Chambers en die Klubbestuurder is Gert Pretorius. Hartlik geluk aan julle en ons wens julle alle sukses toe met die bestuur van Franskraal Rolbalklub gedurende die volgende termyn. Daar wag baie uitdagings op julle, maar ons weet dat die klub, met al sy aktiwiteite, in goeie hand verkeer.
Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ‘n uitnodiging te rig aan almal wat dit oorweeg om betrokke te raak by die spel rolbal. Hierdie sport is van lae intensiteit en is geskik vir alle ouderdomme. Self fisiesgestremdes, gesiggestremdes en persone wat in rolstoele gekluister sit, kan gerus kom deelneem. Ons klub beskik oor uitstekende afrigters wat vir u sal leer hoe om kompeterend teen - en saam met - nie-gestremdes spelers deel te neem.
Franskraal Rolbalklub beoog ook om, sodra die weer saamspeel, kaalvoet rolbal op Woensdae vir alle werkende en nie-werkende persone aan te bied. Dit gaan groot pret wees en sal na werksure plaasvind. Ons sal lesers van Die Courant hieroor verwittig sodra ons daarmee begin.
Vir meer in ligting oor hoe om by ons klub aan te sluit, kan u gerus vir Marius de Wit by (0829260892) mtdewit@absamail.co.za of Philip Malherbe (0829202941) philipm@sswifi.co.za kontak. Rolbalgroete, Philip Malherbe
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.