Kokkedoor en Kunstenaars pak Bergrivier aan vir Choc

Kokkedoor en Kunstenaars pak Bergrivier aan vir Choc

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die reeds bekende Bergrivierprojek ten bate van die CHOC - Kinderkankerstiging van Suid-Afrika, neem van 30 Julie tot 3 Augustus in die Paarl ‘n aanvang en gaan die 20 deelnemers wat aan die projek deelneem ‘n poging aanwend om R250 000 in te samel om daarmee die R3.5 miljoen merk verby te steek wat op die wyse ingesamel is.

Die Burger se Kersfonds asook Kansa was in die verlede begunstigde organisasies van die fondse. Die projek word andermal deur Radio Tygerberg en Curro Skole geborg.

CHOC is ‘n nasionale organisasie wat hulle hoofsaaklik toespits op hulpverlening en die welstand aan ouers en hul kinders wat met kanker of die lewensgevaarlike bloeddisorder gediagnoseer en opgeneem is in een van hul drie huise in die Wes-Kaap tw. Plumstead, Bergvliet asook die Tygerberg Kinderhospitaal. Alle fondse wat ingesamel word, word slegs in die Wes-Kaap Provinsie aangewend en nié buite die Provinsie. 

Die Burgemeester van die Drankenstein Munisipaliteit adv. Gesie van Deventer, sal op Woensdagoggend 30 Julie om 10h00 na afloop van ‘n ontbyt-onthaal in die Paarl die deelnemers met 7 rubberbote by die Markstraatbrug afsit.

Die projek behels ‘n groep vrywilligers, meeste afkomstig uit die Tygerberg wat die afgelope 24 jaar met rubberbote vanaf die Paarl, ‘n afstand van 230 km oor 4 dae na Velddrif aflê om langs die roete daardie broodnodige fondse vir CHOC in te samel. Meeste van die geld wat ingesamel word is afkomstig van veilings en konserte wat aangebied word by drie dorpe wat langs die roete gelëe is.

Daar sal oudergewoonte aangedoen word by 3 tradissionele plaasskole wat langs die rivier gelëe is tw. die Bergrivier Primêr buite Wellington, die Rondeheuwel Primêr buite Hermon asook die Charl Schrewe Primêre skool buite Piketberg waar die deelnemers andermal vrugte en opvoedkundige materiaal aan die bykans 500 leerders sal uitdeel. Daardie aand word ‘n konsert en veiling by die Allesverloren Wynlandgoed op Riebeek Wes aangebied waar Ghapi en Steyn Fourie die gaste sal vermaak met van hul trefferliedjies. Donderdagaand 31 Julie tree die kunstenaars weer op by die Moorreesburg Golfklub as van die deelnemers in vroueklere geklëe en as modelle optree terwyl afslaer Hano Trotzky waardevolle veilingitems onder die hamer bring.

Die Kinderkankerstigting van Suid-Afrika en Curro Skole het in 2012 op nasionale vlak ‘n werksverhouding aangegaan waar CHOC se personeel Curro skole landwyd besoek om die bykans 35 000 leerders meer te vertel van hul werksaamhede asook die oorsake, simptome en behandeling van dié siekte.

Ten einde ‘n groter bewusmaking van die organisasie te bring, word ‘n konsert en veiling Vrydagaand 1 Augustus by die Curro Skool op Langebaan aangebied waar Ghapi en Steyn Fourie weer as kunstenaars optree. Die projek eindig Saterdagmiddag om 13h00 voor die Riviera Hotel op Velddrif.

Sondagoggend 3 Augustus woon die deelnemers die oggend ere-diens in die NG Kerk Velddrif by wat oudergewoonte gelei word deur een van die deelnemers dr.(pastoor) Ettiene Marais wat aan sy 20 ste projek deelneem. Die diens word regstreeds deur Radio Tygerberg na die Tygerberg uitgesaai.

Rey Janse van Rensburg wat bekendheid verwerf het vir sy deelname aan die gewilde kykNET televisieprogramme Voetspore en Op Verre Roetes, reis van Springbok en gaan aan sy vierde projek deelneem. Chef Tiaan Langenegger, wenner van die 2013 Kokkedoor kykNET Makietie en Ghapi sal om die beurt as mede-skipper van Rey se rubberboot optree. ‘n Produksiespan van Rat Race Media sal andermal die projek vergesel om opnames te maak vir ‘n televisieprogram wat aan die einde van Oktober op televisie uitgesaai word.

Vir meer inligting kontak die projekorganiseerder Attie Laubscher by attie.bd@gmail.com of 083 4272488. Vir meer inligting oor CHOC sien www.choc.org.za

Foto: Rynardt Koekemoer stuur die Pearly Beach rubberboot  verlede jaar onder deur die Moraviabrug buite Piketberg met sy pa, Jan, wat klou om nie uit te val nie. Jan en Rynardt is een van twee pa en seun kombinasies wat vanjaar aan die 24ste CHOC Bergrivierprojek deelneem.

Kokkedoor en Kunstenaars pak Bergrivier aan vir Choc

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.