Seniors geniet Dillon

Seniors geniet Dillon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die inwoners van Herberg-aan-See (HaS), hoofsaaklik dierbare senior “tannies”, het die optrede van Dillon Lerm in die ontspanningsaal terdeë geniet. Dillon het sommer groot applous na elke lied wat hy gesing het ontvang.

“Hester Venter het my kom sien en gesê sy voel geroepe om ‘n fondsinsamelingsprojek vir die Tehuis te reël,” vertel John van Rooyen, Bestuurder: HaS. “Ek was maar té dankbaar oor haar voorstel om Dillon Lerm te nooi vir ‘n optrede en die aand was ‘n groot sukses.” Tydens Dillon se gratis oggend-optrede by HaS, het hy met die tong-in-die-kies begin deur te sê hy moet tog nie verkeerdelik met sy “tema-lied gejudge” word nie, en toe sing hy tot groot vermaak van almal: “All the girls I’ve loved before”!

Dillon het reeds die oggend al bewys waarom hy groot opgang in die musiekwêreld gemaak het. Sy spontane optrede en sing-stap tussen die bejaardes rond, is baie goed ontvang. Hy het hom ook nie laat afsit deur ‘n stukkende mikrofoon nie en het summier dorp toe gery en ‘n ander een gaan koop. Monique Pool agter Dillon se klanksisteem het haarself eweneens goed van haar taak gekwyt. Saterdagaand se optrede is eweneens terdeë geniet en is redelik goed bygewoon, maar dit kon beter gewees het, met Gansbaai se Goue Hande wat vir ‘n “smaaklike” pouse gesorg het.

John hou graag die volgende bedankings voor: Hester Venter vir haar groot ywer met die reëlings en verkoop van kaartjies, die Goue Hande, Anita Botha en Marlene van Rooyen vir die pragtige en musiek-gepaste opmaak van die saal, die ondersteuners wat opgedaag het en dan ook veral die “vele” donateurs wat almal ruim tot die aand se sukses bygedra het.

Hardus Botha

Foto 1: Dillon Lerm (middel) by ‘n deel van HaS se opgewonde inwoners tydens sy optrede daar, met regs van hom Hester Venter en haar dogter, Louise Geldenhuys links van hom.

Foto 2: Dillon in aksie.

Seniors geniet Dillon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.