Meer en meer soos Jesus 5

Meer en meer soos Jesus 5

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Julle noem My julle Leermeester en HERE, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle HERE en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was” (Joh 13:13,14)

Meer en meer soos Jesus! Vir vyf weke lank probeer ons uit GOD se Woord agterkom hoe die Vader wil hê, ons as Sy kinders, moet leef sodat ons soos Sy Seun Jesus kan wees. Sien jy enige verandering in die dorp? Tussen jou vriende? By jouself? Dalk gaan dit nie maklik gemeet kan word in groot, uiterlike verandering nie. Dalk moet ons maar net weer by onsself begin en vra: Erken ek Jesus as my HERE en Leermeester? (Joh. 13:13)  

Is dit regtig vir jou belangrik dat jou lewe moet getuig van liefde vir Jesus?

Om soos Jesus te wees moet ons doen wat Hy gedoen het. Hy het nie as ’n Koning gekom met ’n kroon op Sy kop en met aansien tussen die mense rondgeloop nie. Hy het ook nie in ’n mooi paleis gebly of in ’n koets rondgery nie. Onthou jy waar was Sy eerste slaapplek? In ’n stal tussen die reuke van diere. Hy het die klippe van Galilea gebruik as sy kussings. Sy vriende was nederige vissermanne en die gehate tollenaars en die sondaars wat deur die samelewing verag is. Hy het nie in groot kerke gepreek nie, maar in die veld en met gewone stories (gelykenisse) gepraat oor Sy Hemelse Vader. Kortom: Hy het gekom om te dien. Die minste te wees. Al die glorie en eer wat Hy gehad het by Sy Vader in die hemel het Hy afgelê sodat Hy één met ons kon word. Ja, Hy die HERE en Leermeester, het gebuk en Sy dissipels se voete gewas toe hulle te trots was om die minste te wees.

Wat staan ons as Christene te doen? Is dit moontlik vir jou om met nuwe oë na die mense om jou te kyk? Kan jy soos Jesus met liefde kyk na die mense op straat en in jou hart vir hulle jammer voel? Is jy bereid om één dag van jou maand se salaris af te staan en iewers in die armer gedeeltes van ons dorp ’n verskil te gaan maak? Koop daardie kruideniersware en ry in ’n arm gedeelte in. GOD se Gees sal jou lei waar om dit uit te deel. Of koop ’n nuwe Bybel en gaan gee dit vir een van die honderde kinders wat nie meer Bybels het of dit lees nie. Is dit te veel gevra? Wat daarvan as Jesus jou sou vra om jou lewe vir jou vriend af te lê?  “Niemand het groter liefde as dit nie: Dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.” (Joh. 15:13)

Komaan! Is jy bang om op te staan vir jou Koning, Jesus?

Meer en meer soos Jesus 5

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.