R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Interessante Lede-aand is op 19 Junie deur Gansbaai Toerisme in die klubsaal van die Birkenhead Boothengelklub gereël.
Skye Leask was eerste aan die woord met ‘n interessante aanbieding oor die belangrikheid van Sosiale Media (“Social Media”) vir die toerismebedryf. Skye het ‘n relevante video ter agtergrond van Sosiale Media vertoon en gesê: “Dit bring ons in kontak met die wêreld en is van uiterste belang vir toerisme - dit skep ‘n platform vir uitbreiding en ‘n foto is meer werd as ‘n 1,000 woorde.”
Ná ‘n smaaklike sop-en-broodete is Johan Pieterse, voorsitter: Gansbaai Toerisme, aan die woord gestel vir die hoofaanbieding van die aand: ‘n Eerste besoek aan die dorp Birkenhead in Engeland deur Gansbaaiers. Johan het hulle as gesin se wedervaring tydens dié besoek, waar die legendariese HMS Birkenhead Troepeskip gebou is, met almal gedeel. Hy en sy eggenote, Cormaré het by hul dogter en skoonseun, Elizma en Wesley Knowles in London gaan kuier, maar is vooraf deur Andy Liston vir ‘n besoek aan Birkenhead genooi. “Ons voel bevoorreg dat ons as Gansbaaiers soos eregaste ontvang en behandel is,” het Johan gesê. “Ons besoek was selfs die Maandag-oggend op BBC radio uitgesaai, waar hulle gemeld het dat dit die eerste Suid-Afrikaners is wat die Birkenhead gedenkplaat aan die Mersey Rivier besoek.”
Die Burgemeester van Wirral, raadslid Dave Mitchell, het van die besoek te hore gekom en Johan’hulle genooi om hom in die Stadsaal van Wallasey te ontmoet.
Die Suid-Afrikaanse vlag is voor die stadsaal gehys en die Suid-Afrikaanse gaste is gul ontvang. Die Wirral Stadsraad is ‘n saamgestelde plaaslike owerheid wat uit die voormalige munisipaliteite van Wallasey, Birkenhead en ander bestaan. Johan het twee kort video’s vertoon - een oor die bekende “Birkenhead Drill” en die ander een oor die onthulling van die gedenkplaat in Birkenhead, met agtergrondgeskiedenis van die destydse tragedie. “Dit was duidelik dat die gedenkwaardigheid vir hulle nie in die boot as sulks geleë is nie, maar eerder in die bemanning se manmoedige optrede met die bekende uitspraak van vrouens en kinders eerste,” het Johan gesê.
Die burgemeester het klem geplaas op die Gansbaaiers wat die Birkenheadtragedie jaarliks herdenk om dié seevaarders in beginsel lewend te hou. Andy Liston het, nadat hy Gansbaai 7 jaar gelede besoek het, besef dat die Birkenhead by Gansbaai vergaan het, maar dit word nie in die Verenigde Koninkryk herdenk nie. Sedertdien het hy homself daarvoor beywer om nouer bande met die inwoners van Gansbaai te smee, asook vir die oprigting van ‘n gedenkplaat waar die Birkenhead in Engeland gebou is. In een van die videos het Andy met ‘n breë glimlag aan Gansbaaiers en die Overstranders gesê dat hy woord gehou het met die bou van die gedenkplaat. Die burgemeester het sy persoonlike groete en goeie wense via Johan aan Gansbaaiers, Overstranders en die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie gestuur.
Hy het ook ‘n glansboek oor Wirral aan Johan oorhandig, asook ‘n getekende eksemplaar aan rdl Nicolette Botha-Guthrie. Johan het etlike van sy vele foto’s van hulle besoek vertoon, met insiggewende kommentaar. Hulle is ook op ‘n besigtigingstoer deur die burgemeester geneem en saam met hom middagete by Port Sunlight Village, waar die eerste Sunlight seep vervaardig is, genuttig. Die buurt is destyds ontwikkel as ‘n byna selfstandige woonbuurt vir Sunlight werknemers, met ‘n kerk, teater, skool, kunsmuseum en veel meer. “Ons besoek aan die dorp Birkenhead was voorwaar ‘n onvergeetlike belewenis wat ons as gesin altyd sal bybly,” het Johan gesê. Daarna is Dave Sawtell aan die woord gestel vir ‘n volledige aanbieding oor die komende Funky Fynbos Fees van 12-14 September vanjaar. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, wat ook die Lede-aand gereël het, het die volgende bedankings voorgehou: Johan Pieterse, Skye Leask, Dave Sawtell, die verskaffing van sop deur Gansbaai Superspar, Tolbos Bistro en Tuscany Coffee Shop, Birkenhead Boothengelklub en alle helpers en personeellede van Gansbaai Toerisme.
Hardus Botha
Foto 1: In die Burgemeesterskantoor, met vlnr Cormaré en Johan Pieterse, rdl Dave Mitchell (Burgemeester: Wirral) en sy eggenote en Chris Higgens (Toerisme: Wirral)
Foto 2: Andy Liston (links) en Johan Pieterse by die GedenkplaatFoto
3: Die indrukwekkende Gedenkplaat van die HMS Birkenhead in Engeland
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.