R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Mannie van Eeden, Hoof: Paaie Divisie, Overberg Distriksmunisipaleit het op verskeie klagtes oor die padwerke na Baardskeerdersbos gereageer. Met verwysing na ‘n vergadering te B’Bos, sê hy dat die verbreding van die heuwelgedeelte eerste prioriteit geniet.
“Ons het ook op die gedeelte wat verweer het, gefokus en dit is reeds gekompakteer,” sê hy. “Ongelukkig was die voggehalte van die materiaal steeds baie hoog, maar daar is wel met die werk voortgegaan.”
Hy sê ook dat dit ‘n baie gladde padoppervlak tot gevolg het en dat spoedbeperkings- en waarskuwings-tekens oral aangebring is en van krag sal wees totdat die toestand van die pad verbeter het. “Indien dit weer reën, sal die pad wel gebruik kan word, maar motoriste moet kennis neem dat dit baie gevaarlik kan wees en versigtigheid moet deurgaans aan die dag gelê word.” Hy beveel die Avoca-pad aan vir wanneer dit reën. “Die gemeenskap kan seker wees dat alles moontlik gedoen word om die pad so veilig as moontlik te hou, maar ons kan nie teen die natuur veg nie.”
Helena Swart van Baardskeerdersbos verwys ook in ‘n skrywe aan Gansbaai Courant na die gevaarlike aspekte rakende die pad, soos die swak toestand daarvan, swaar masjienery en vragmotors waarvoor motoriste op die uitkyk moet wees. Sy beveel aan dat die pad vermy moet word en dat motoriste op pad na Stanford en Hermanus die ompad via Papiesvlei moet gebruik, maar steeds versigtig moet wees wanneer dit reën. “Ons sal geduldig moet wees, al is daar groot begrip vir B’Bossers wat daagliks in-en-uit moet ry, aangesien die onvoorsiene weersomstandighede sake erg bemoeilik,” sê sy.
Die volgende vergadering rakende die padkonstruksie is vir 20 Augustus 2014 om 12:30 in die Strandveld Pub te Baardskeerdersbos geskeduleer.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.