R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Splinternuwe fees gaan Gansbaaiers en toeriste vermaak in September – met aktiwiteite om die area se pragtige natuurskoon ten toon te stel. Die Funky Fynbos Fees vind plaas vanaf die 12de tot die 14de September 2014 in die Gansbaai omgewing. Dit sluit in opwindende aktiwiteite, van 4x4 roetes en bergfietsreisies, tot die meer ontspanne aktiwiteite soos wynproe, restaurante en musiek.
Die doel van die fees is om Gansbaai as ‘n toeriste bestemming te bemark en om al natuurskoon – van die fynbos, tot die walvisse – aan besoekers bekend te stel. Vir diegene wat in die Overstrand area reeds woon, is dit ‘n geleentheid om ‘n naweek in die natuur te geniet, en om die omgewing in ‘n nuwe lig te sien. Die fees is gerig op die hele familie van jonk tot oud, met aktiwiteite en akkommodasie wat almal se sak sal pas.
Ander aktiwiteite wat feesgangers gaan geniet sluit in fynbos stap roetes, ‘n fynbos uitstalling, perderitte, stalletjies, quad biking, ‘n varswater visvang kompetisie, musiek en vele meer. Die fees bied ook ‘n Bergfiets roete van drie verskillende afstande om van te kies: 41km, 30km en 10km as ook ‘n Trailrun van 30km, 10km en 6km. Vir inskrywings en meer inligting besoek gerus die Funky Fynbos Festival webwerf by www.funkyfynbos.co.za.
Die fees se sentralepunt is by die Uilkraals vallei, wat ‘n sirkel roete sal vorm om al die aktiwiteite en natuurskoon te kan beleef. Vervoer sal beskikbaar wees tussen die verskeie plekke op die sirkel roete om alle gebeurtenise en aktiwiteite maklik bekombaar te maak. Daar sal feeskaarte gedruk word met aanwysing na al die verskeie aktiwiteite en besienswaardighede in die vallei, as ook in die Gansbaai area.
Intussen bedank die Funky Fynbos Festival komitee graag almal wat tot dus ver ‘n bydrae gemaak het tot die fees. Dit sluit in besighede soos die Gansbaai Toerisme Kantoor, WESGRO, Grootbos Private Nature Reserve, Gansbaai Marine, Lomond, Romansbaai Ontwikkeling, Platbos, Flower Valley Conservation Trust, Quad Explore, Strandskloof Karavaan Park, De Uiljenes, Uilenvlei, Saxon Lodge, Farm 215, Bhodi Khaya, African Horse Company, Panorama Restaurant, Benguela Restaurant, Marine Dynamics, Guiseppes, Coffee on the Rocks, Tuscany’s Restaurant en White Shark Diving Company.
Vir meer inligting oor die fees stalletjies en om ‘n uitstaller te wees kontak Morne van Deventer by mornevd@sswifi.co.za of Glenda Kitley by gansbaaimanager@telkomsa.net
Vir enige verdere navrae kontak Mariana Smal (fees koordineerder) – 0799510455 / info@overbergonline.co.za of Dave Sawtelle (komitee voorsitter) info@saxonlodge.com
Webtuiste: www.funkyfynbos.co.za of www.gansbaai.com
Volg ons op Twitter en Facebook.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.