R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Hierdie afgelope naweek darem kans gekry om op die see te kom. Ongelukkig is dit nog nie ‘n baie gelukkige storie nie… Eers gaan lê jy op ‘n plek aangedui deur die GPS. Nie dat dit baie gehelp het nie, want eers na ‘n paar keer se skuif kon daar darem gespog word met ‘n paar bul-romanne. Die hotties wat jy tussenin vang (ook maar aan die klein kant hoor) laat jou tog besig bly. Die ou groot, vettes is klaar met vakansie en vir hulle sal ons heel rukkie moet wag.
Die werklike goeie nuus, en dis nou te sê indien my informant reg is, is die snoek wat in die omgewing van Hermanus gevang is. Dadelik is jou gedagte “ons is volgende!” Soos almal weet moes die snoek al hier gewees het en hulle teenwoordigheid by Hermanus maak jou ongeduldig. Ons sal maar moet sien of daar nie ‘n radikale verandering in die patroon kom nie. Ek belowe om so gou as ek gewaar dat die snoek gesig wys, dit te verkondig.
Die hengelkompetisie wat die ouens met die lang stokke gehou het, was ook maar nie so vreugdevol nie. Moet sê, as ek een galjoentjie inweeg, sal my vreugdevure baie hoog brand. ‘n Man kan maar wispelturig wees wanneer dit kom by of jy van verskillende visse se smake hou, maar daar is werklik baie min mense wat gaan stry as dit by galjoen kom. Daar kom net niks by ‘n vet galjoentjie op ‘n ordentlike rooster nie. Wel…ons kan nogal praat oor die vet pensgedeelte van ‘n snoek.
Kom ons hoop die nuus kom vinnig en oordonder ons sommer!! Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.