R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
OK Foods Gansbaai is een van ‘n handjievol handelaars wat genomineer is vir hierdie jaar se uiters gesogte OKFD Franchisee Van Die Jaar-titel in die OK Foods kategorie. Hulle konstante harde werk, onbuigbare toewyding tot hulle klante asook die OK-vaandel, en bowenal hulle besigheidsvernuf en deursettingsvermoë te midde van ‘n strawwe finansiële klimaat met vele bypassende uitdagings het gesorg dat hulle nou in lyn staan om met OK se top toekenning weg te stap. Met hierdie nominasie het OK Foods Gansbaai bewys presies hoekom daar altyd op hulle gereken kan word vir ‘n top kwaliteit inkopie-ervaring en sal volhou as voorbeeld van OK se uiters suksesvolle nuwe posisioneringsveldtog in die handelbedryf, wat geloods is in Oktober 2013: OK – eienaars op wie jy kan staatmaak!
OK Foods Gansbaai is ’n lid van die OK franchise-divisie, ’n afdeling van die Shoprite/Checkers-groep.
Chris en Petra van Rensburg, winkeleienaars, vertel hoekom hulle klante altyd kan staatmaak op uitmuntendheid wanneer hulle OK Foods Gansbaai besoek, “Ons is gereeld aan die uitkyk vir nuwe en interessante maniere om ons kliënte in te lig oor nuwe produkte, opwindende promosies, gebeure, kompetisies en spesiale aanbiedinge. Ons top prioriteit is en sal altyd wees om ons klante gelukkig te hou. Oor hoe dit voel om genomineer te word antwoord hulle “Ons is trots want ons werk baie hard om vir ons klante die beste inkopie-ervaring moontlik te bied.”
Winkels is oor die loop van ’n jaar beoordeel volgens ‘n baie streng lys vereistes wat verseker dat die beoordelingsproses omvattend en absoluut regverdig is. Die vereistes is as volg: ontwikkeling, algemene winkelstandaarde, klantediens, personeel-motivering, gemeenskapsbetrokkenheid, administratiewe uitmuntendheid en lojaliteit.
Die klem is dus nie bloot op verkope nie – die winkels wat die beste presteer in die beoordelingsproses is winkels wat waarlik ’n uitstekende begrip van uitnemendheid in die konteks van die kleinhandelsbedryf toon. Die wen-winkels moet kan bewys dat hulle ook ernstig is oor hul klante (diens en inkopie-ervaring), gemeenskap en winkelvoorkoms. OK Foods Gansbaai het in al dié kategorieë uitgeblink en bewys dat hulle toegewyd na elke aspek van hul besigheid omsien.
Chris, Petra en hul personeel kan hulself voorberei op moontlike verdere sukses omrede OK Foods Gansbaai nou in aanmerking kom vir die 2014 Franchisee Van Die Jaar-toekenning, wat later vanjaar tydens die OKFD se jaarlikse konferensie te Zanzibar aangekondig sal word.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.