R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“AfriForum sal die verskraling van die SAUK se TV-aanbod in Afrikaans op alle moontlike maniere teenstaan.” Dit is die kommentaar van Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, na dit in die media bekend geraak het dat die Afrikaanse TV-nuusbulletins inderdaad van SABC2 na SABC3 (met ʼn baie kleiner opvangs) gaan verskuif.
“Die dele waar SABC3 nie opgevang kan word nie, naamlik groot dele van die Noord-Kaap, Oos-Vrystaat, Oos- en Wes-Kaap, is oorwegend gebiede waar die meerderheid mense juis Afrikaans praat. Dit is onaanvaarbaar dat die SAUK sy verpligting as openbare uitsaaier teenoor die Afrikaanssprekende publiek so versaak,” het Bailey bygevoeg. “Afrikaanssprekendes se taalregte gee hulle aanspraak op diens en die skending daarvan kan nie geduld word nie.”
Met die eerste gerugte oor die stap, het AfriForum die SAUK om meer inligting gevra, maar geen antwoord is nog ontvang nie. “Ons is bewus van die feit dat klagtes toe teen die SAUK by die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (ICASA) gelê is. In die lig van die meer breedvoerige aankondiging, sal AfriForum ook ʼn klag by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) lê. Aan die hand van terugvoer van ICASA en PANSAT sal op verdere regsaksie besluit word.
In ʼn aanverwante saak het AfriForum gemeld dat tans op ʼn regsmening gewag word rakende aksie teen die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK. Met die kontroversie wat oor sy kwalifikasies, bestuursgeskiedenis, aanstelling, houding jeens vroueregte en mediavryheid, asook skynbaar Afrikaans heers, is sy aanstelling onaanvaarbaar.
“Dit lyk asof die SAUK toenemend dieper in omstredenheid en wanbestuur vasgedraai raak. AfriForum verbind ons daartoe om op alle moontlike maniere te sorg vir die beskerming van taalregte, verantwoordelike korporatiewe bestuur en mediavryheid,” het Bailey bygevoeg.
Alana Bailey
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.