R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Die Sterilisasie Veldtog wat die week van 7 Julie gehou is, was ‘n groot sukses en altesaam 130 diere is gesteriliseer,” vertel Annalie Jonker van BARC. “Dit is die meeste sterilisasies wat nóg tydens so ‘n projek gedoen is.
Die operasies is in ‘n mobiele kliniek van ‘n Welsynsorganisasie van die Kaap gedoen. Annalie bedank graag vir Bea Coetzee, Liana Stevens, Christel Swart, Sonia Rowan en Lindi Coetzee. “Dan ook ‘n groot dankie aan Marié en Johan Botha van Uilenkraalmondoord vir hulle hulp en bystand, asook die bydrae van Overstrand Distriksmunisipaliteit ten bedrae van R1,000 vir die aankoop van brood en botter wat saam met die heerlike sop, geskenk deur Karen de Wet en Casper en Magda Niemand, aan wagtende eienaars uitgedeel is.” Sy sê Casper en Magda het ook heerlike kerrie-vetkoeke vir die Veearts en haar span gemaak. “’n Spesiale dankie ook aan Gansbaai Superspar wat 15 aandetes vir die veearts en haar span oor die 4 dae geborg het.” Annalie se grootste dank gaan aan die publiek van Gansbaai vir hulle donasies en ondersteuning aan BARC se winkel en finansiële bydraes. “Sonder hierdie bydraes sal BARC se finansies nie ‘n projek soos hierdie kon loods nie en hopelik sal daar weer so 'n sterilisasieveldtog vroeg volgende jaar gereël word, afhangende van beskikbare fondse.”
Die gemeenskap blyk onder die indruk te wees dat sterilisasieveldtogte gratis aangebied word, aangesien die sterilisasie van diere gratis is. Dit is egter nie die geval nie, aangesien BARC daarvoor betaal. Annalie sê daar gaan eersdaags weer lootjielyste in omloop wees en doen ‘n beroep op die gemeenskap om dit te ondersteun. Twee pryse, geborg deur Great White Shark Cage Diving van White Shark Diving Co sal op die spel wees.
Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie by 082-826-0631 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.
Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.