R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op Dinsdag 29 Julie het ons klub 'n baie suksesvolle interne driespel-kompetisie aangebied. By hierdie geleentheid het 12 spanne mekaar die stryd aangesê. Heerlike sonskynweer het bygedra tot 'n wonderlike rolbal ervaring. Alle wedstryde is in die gees van ware sportmanskap afgehandel en opponente se goeie skote is deurentyd hartlik erken.
Elke span het drie wedstryde van 12 koppe elk gespeel en die wenners is by wyse van, wedstryde gewen en punteverskil aangewys. Strawwe mededinging was aan die orde van die dag en elke span was daarop uit om sy opponent met beter skote te troef. Dit alles het daartoe bygedra dat uitstekende, aanskoulike rolbal deur die loop van die dag gespeel is. Attie Louw van Gansbaai Petrol was ons borg van die dag en ons is baie dank aan hom verskuldig vir die pragtige bedrag wat hy aan ons klub beskikbaar gestel het. Ons, soos die meeste van die sportklubs en ander instansies in Gansbaai, is afhanklik van ons plaaslike besighede en privaat individue vir borgskappe.
Sonder hul bydraes sal dit nie vir ons, as rolbalklub, moontlik wees om sulke geleenthede aan te bied nie. Nogmaals baie dankie Attie, jou bereidwilligheid om ons klub tydens hierdie geleentheid by te staan, word baie hoog op prys gestel. Die wenners van die dag was die span van Jan Fouché (skipper), Sonja Chambers en Chris Malec. Tweede was Betsie Schreuder (skipper), Victor Breach en Lerina Ferreira met in die derde plek Gideon Pienaar (skipper), Jane de Villiers en Roelof Eksteen. Baie geluk aan al die wenners. Gelukkige trekkings is ook gehou en daar was selfs 'n roosprys vir die span wat die hardste probeer het om te wen, maar slegs daarin kon slaag om die laaste posisie te beklee. Wel gedaan ook aan julle.
Die afgelope Donderdag het ons klub 'n oefensessie vir rolbalspelers aangebied. Agt deelnemers van Hermanus, sowel as vier van Franskraal het hierdie geleentheid bygewoon. Al die spelers is aan strawwe oefeninge, wat bykans die hele dag in beslag geneem het, blootgestel. Almal was dit eens dat die dag, ten spyte van moeë lywe en seer voete, die moeite geloon het en dat hulle baie baat daarby gevind het. Hiermee dan ook my hartlike dank aan Archie Chambers wat my bygestaan het met die uitlê van die bane asook Henk, Madeline, Stefanus, Melvyn en Jeff wat hul hele dag opgeoffer het om as tellinghouers op te tree. Julle is ware staatmakers.
Kontak my gerus by 082 920 2941 indien u daarin belang sou stel om deel te neem aan die wonderlike sport rolbal.
Groete tot volgende keer.
Philip Malherbe
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.