Nog iets oor hengel

Nog iets oor hengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nog steeds nie van die groot menere nie, maar dit beteken nie jy kan nie genoeg vang van die ander spesies nie. Die afgelope naweek was dit ook maar treurig wat die lang stokke betref en boonop was die water so helder dat jy in elk geval nie ‘n vis moes verwag nie. Die wat wel gelukkig was om ‘n vissie te haak wás eenvoudig gelukkig. Skrale troos was tekens van (‘n) snoek wat in die nette gewaar was.

Aas, sekerlik een van die interessantste aspekte van hengel.

Bygesê, jy moet jou aas gaan “maak” en nie koop by ‘n winkel nie. Daarmee word bedoel, jy gaan jou aas grawe, kap of pomp, of sommer net optel  --  dit ressorteer onder “maak”.

Kom ons begin sommer met die term, ryp. Ryp rooiaas. Daar is ‘n groot verskil tussen rypgemaakte en vrot rooiaas. Vrot is vrot, die rooiaas word opgetel, en of dit in daardie stadium nog vars is tel bitter min. Somtyds is dit reeds so vrot dat jy net moet keer wanneer jy die kop probeer oopsny. So ‘n vrotsige treksel skuins oor jou gesig beteken net moeilikheid indien jy so huis toe gaan! Dit is ook so dat hierdie vrot rooiaas met sy spesiale klank somtyds deur veral galjoen bo enige ander aas verkies word. Vind gerus maar ‘n wegsteekplekkie vir so ‘n asie wanneer dit sulke tyd is. Dit het al gebeur dat ‘n sykous ingespan moet word om hierdie vrotsige spul aan die hoek te hou. Indien jy hierdie aas windop ook kan ruik  --  dis mos vrot!

Met rypgemaakte rooiaas is dit ‘n ander storie. ‘n Maat van my het syne so bewerk: ‘n Groot glasbottel met ‘n wye nek word met vars rooiaas gevul en dan word ‘n paar hande vol growwesout bygevoeg. Laat die fles so sonder deksel vir ‘n volle twee weke staan en haal die aas dan uit en plaas in ‘n aasmandjie . Vir ‘n week hang die mandjie met sy  waardevolle inhoud dan aan ‘n tak van ‘n groot boom (die maat van my sê dit móét ‘n melkhoutboom wees!) Die lug moet vrylik daardeur kan beweeg. Indien die aas dan so ‘n soet/souterige lekker seereuk het, is hy reg. Ruik gerus!

Witmossel is lank gelede dikwels met suiker (meestal bruinsuiker) behandel. As alternatief word natuurlik growwesout gebruik. Dan word die uitgesnyde mossel op ‘n gaasdraad in die son gelê, waar dit kliphard word. Dit moes eers in die sout water geweek word voor dit bruikbaar was. Dis nie meer vandag aan te beveel nie!

Daar is nog baie ander ase  --  om maar net ‘n paar te noem,  krewels (daar is maniere om hierdie wonderaas te bewaar, ek sê maar), wurms (hulle hoef ook nie vermors te word nie) en sommer baie ander. Ons benodig ‘n boek.

Groete, Seemeeu  

Nog iets oor hengel

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.