Pearly Beach Noodhulp slaggereed

Pearly Beach Noodhulp slaggereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die noodhulpdienste deur die Noodhulpkamer van Pearly Beach sal nooit en onder geen omstandighede verander nie en dit gaan steeds baie goed met die bedryf daarvan,” vertel Ilse Keet, sameroeper van die span vrywilligers. Die res van die span bestaan uit Jannie Brand, Kleintjie van Eeden, Linda Chapman en Marleen Haddon, asook Rooibier Pub & Restaurant se personeel wat altyd beskikbaar is en gewillig is om te help. “Ons bedank egter die hele gemeenskap van Pearly Beach vir al die ondersteuning,” sê Ilse.

“Die omgee en saamstaan deur die inwoners wanneer iemand ernstige siek word, is merkwaardig.” Pearly Beach Noodhulpkamer is op 14 Maart 2013 deur Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie, geopen is. Die gebou is deur die Overstrandse Munisipaliteit, asook met fondse wat deur die Noodhulpkamer ingesamel is, opgerig.

Die inisiatief hiervoor is reeds gedurende 1994 van stapel gestuur. Die personeel werk ook steeds baie nou saam met Gansbaai se mediese dokters, asook Overstrand Medical Response. Die bedryfspan voel ook trots op ‘n onlangse inspeksie deur die Dept van Gesondheid. Die beamptes het hul tevredenheid daarmee, asook die bedryf daarvan, uitgespreek. Naas die noodhulpdienste wat in die gebou aangebied word, word sommige dienste ook tuis gelewer, óf tydens motorongelukke óf op die strand tydens see-reddingsaksies.

Vir die nodige fondse om die Noodhulpkamer te bedryf, word daar slegs op donasies en fondsinsamelingsprojekte gesteun. Ilse rig graag die volgende bedankings: Secma International Security van Eben Visser (sekuriteitsborg); Mnr Kat Myburgh van Gansbaai Munisipaliteit en rdl Dudley Coetzee, Wyksraadslid vir Pearly Beach (ondersteuning); Suster Tertia Scholtz wat weens ander verpligtinge nie meer beskikbaar is nie (hulp en ondersteuning). Die Noodhulpkamer het die behoefte aan Hospice-teenwoordigheid te Pearly Beach raakgesien en die eerste Hospice-byeenkoms het reeds plaasgevind (sien berig in hierdie uitgawe).

Vir navrae en/of ondersteuning, kan Ilse by 083-962-4719 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by ilsekeet@gmail.com.

Die noodnommer van Pearly Beach Noodhulpkamer is 082-707-1811.

Hardus Botha

Pearly Beach Noodhulp slaggereed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.