Om Vrou te wees

Om Vrou te wees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Ou Boesman (San)-spoorsnyer in die jagveld van Afrika het gesê: “Vir ‘n vrou om mooi te wees, moet haar hart drie dinge wees: Dit moet wees soos die gras wat deur die diere afgevreet word, maar altyd weer groei - G’n seer moet dit doodmaak nie; Dit moet wees soos ‘n fontein wat deur die diere vaal getrap word, maar daarna altyd weer helder word - Geen man moet sy modderspore daarin agterlaat nie; Dit moet wees soos die rooidag, wat elke more die donker nag oorwin - Geen swaarkry moet dit kan doodkry nie.” Dit is die mooi kaartjie waarmee die sowat 170 dames tydens die NGK se Vrouediens se Vroue-byeenkoms op Saterdag, 16 Augustus 2014, onder leiding van Elcine Hulme, verwelkom is.

 Die 18 tafels se gasvrouens het hulself met versiering en oorspronklikheid oortref, asook die dames wat die 3-gang maaltyd voorberei het.

Lizette Janse van Rensburg het as gasspreker en sanger opgetree, met die tema: “Bakstene in my lewe”. “Dit was ‘n belewenis en ek het só baie geleer van die alledaagse dinge waaraan ek skuldig is. Lizette is ‘n pragtige mens van binne en van buite en dit is ‘n wonderlike gawe wat aan haar toevertrou is,” het een van die vele kommentare gelui. “Baie dankie aan ons gasvrou, die gasvrouens vir die tafels, die dames wat die ete voorberei het, maar veral ook aan almal wat die dag ondersteun het, asook die manne vir hul harde werk,”  het Elcine gesê.

Lizette is vir 23 jaar met Jaco getroud en die egpaar het ‘n dogter, Danielle (22) en ‘n seun, Josua (byna 21). Haar ouers is Willem (oorlede 2003) en Hettie Niemand van Niemand Vervoer in Gansbaai. Haar ma en broer, Wimpie en sy vrou Marjorie, woon steeds in Gansbaai, asook haar suster, Susan Combrink. “Ek was in std 5 toe ons vanaf Somerset-Wes na Gansbaai verhuis het,” vertel Lizette.

“Ek was in std 8 toe my pa my eerste kitaar vir my gekoop het.” Die inleiding van Lizette se brosjure lui soos volg: “Ons hart is om ‘n verskil in die wêreld daar buite te maak deur sang en getuienis!”

Hardus Botha

Om Vrou te wees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.