Krakers steenbas elwe

Krakers steenbas elwe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lekker nuus, en hierdie keer ‘n slaggie vir die stokmanne. Eers wil ek vir Kobus van Kleinbaai bekend stel. Geen van of adres nie. Nee, sê hy, Kobus sal doen. Sy seun, Joshua is ook ‘n ywerige hengelaar en foto’s van knewels is daar baie.

Kobus begin sy dag deur die see te bestudeer, ideal volgens hom wanneer die noordwestewind reeds so dag of twee gewaai het en dan gaan lê. Dan behoort die see lewendig te wees  --  en dís waarvoor hy soek. Lees gerus hier en tuit die ore want hierdie man konsentreer op krakers en witsteenbras, met galjoen wanneer hulle begin lastig raak, as ‘n ekstra. Net om die aandag ordentlik te kry,  verlede Donderdag is ‘n mooi kraker naby Franskraal gevang, Nie deur hom nie, maar hy weet van hom! En wie weet van die mooi elwe wat ook in daardie omgewing aangekeer is, en ons praat van allemintige goed. Die krakers en ordentlike steenbras  word al vir ‘n paar maande so gevang. Hy is ‘n bietjie vaag oor watter ase gebruik word. Ons almal weet mos dat siffie die ideale aas is, maar sê hy nee, dis onwettig! Wanneer hy praat is daar so ‘n ekstra vonkel in sy oë wanneer hy krewels meld, maar hy beweer dat rooiaas die bobaas-aas is. Maar ook nie sommer die “gewone” rooie nie, nee, dié word gewoonlik uitgeduik en is ook bekend as modderrooiaas. Hierdie aas het ekself aan ‘n hoek gesien en ‘n kraker sal dit beslis nie miskyk nie. Bloedwurm, veral vir steenbras is ‘n ander goeie opsie.

 Die verbasendste aspek is dat die area waar hy so groot sukses behaal strek slegs vanaf die Gruis tot kort duskant Danger Point. Maar watter hengelaar is bereid om sy presiese plekkies uit te lap? Die beste wat jy hier kry is ‘n grinnik.

Dis darem nie net vir see toe en krakers gaan vang nie. Hy en so paar ander manne maak dit amper ‘n alledaagse taak. Daar gaan baie moeite, baie tyd en veral kundigheid daarin om op so ‘n basis soveel sukses te behaal. En natuurlik, die ouens is lief vir hulle sport. Daar is net een manier om hierby uit te kom en dis moue oprol en baie, baie moeite. En as jy nie sommer baie van jou sport hou nie, los maar.

So bietjie nuus vir die bootmanne: Die afgelope naweek. Baie haaie en selfs ‘n paar kabeljoue  --  dis waarvoor ons moet begin regmaak. Groete, Seemeeu

Krakers steenbas elwe

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.