Dorpsingang word verfraai

Dorpsingang word verfraai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gedurende 2014 is 'n intensiewe projek deur die Gansbaai Sakekamer onder leiding van hul voormalige voorsitter, Fanie Bothma, in samewerking met die plaaslike ekonomiese ontwikkelings direktoraat van die Munisipaliteit Overstrand en ook in samewerking met die Provinsiale Administrasie (Wes-Kaap) geloods om die plaaslike ekonomie te bevorder. Een van die tien (10) doelwitte wat vir daadwerklike aandag op die korrtermyn identifiseer was, was die ontwikkeling en vestiging van 'n aanvaarbare langtermyn visie vir die bevordering en uitbeelding van die voorkoms en gevoel van Gansbaai as toeriste bestemming van formaat.

Hierdie inisiatief wat as die PACA ("Participating appraisal and competitive advantage") proses bekend staan, het nuwe hoogtes bereik toe die Overstrand Munisipale Raad tydens 'n vergadering gehou op 26 Februarie 2015 besluit het om die voorstelle in daardie verslag deel te laat vorm van die implementering van die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (IDP). Die vennootskap wat reeds tussen die Munisipaliteit en die Gansbaai Sakekamer gesluit is, het aanleiding gegee tot die aktivering van 'n loodskomitee wat verantwoordelikheid aanvaar het om af te skop met die verfraaiing van die dorpsingang regoor die SAP kantore in die Hoofstraat.

Die projek word grootliks finansier met fondse wat deur die Munisipaliteit Overstrand bewillig is, 'n bydrae van R15,000 wat deur die Gansbaai Sakekamer gemaak is, asook fondse wat vir dié doel aan die Munisipaliteit Overstrand (wat vir twee (2) agtereenvolgende jare aangewys was as die "Groenste Munisipaliteit in Suid-Afrika") as prysgeld uitbetaal is. Die loodskomitee wil ook erkenning verleen aan 'n skenking van 8 kubieke meter gemaalde klip wat vir die projek geskenk is deur Dave Sourtell van Saxon Lodge. Hierdie skenking het voorwaar handig te pas gekom. Die grondverskuiwing, die bou van die grensheining en wandelpad wat onder leiding van Paul de Villiers waargeneem is, is teen rekordtyd afgehandel.

Christo Smit van Gansbaai Landscaping was verantwoordelik vir die tuinuitleg, die aanplant van plante asook die aanlê van besproeiing. Die uitbeelding van Gansbaai as die "Home of the Marine Big Five" was eweneens teen 'n rekord tyd deur 'n deskundige diensverskaffer in die Overstrand gebied onderneem. Die uitbeelding van die Grootwit haai, die Suidelike Noorkapper walvis, die Kaapse pelsrob, die Bottelneus dolfyn en die Afika pikkewyn word allerweë as 'n unieke en besonderse toeriste aantreklikheid beskou waar al vyf van die ware Jakob met 'n bietjie geluk, op dieselfde dag in Gansbaai se waters aanskou kan word. Hierdie unieke natuurverskynsel plaas Gansbaai in sy eie liga wat toerisme aantreklikheid betref. Die vertroue word uitgespreek dat hierdie projek wat teen bykans R70 000 voltooi is, met trots deur die inwoners en besoekers aan Gansbaai benut en waardeer sal word.

Francois Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie

Dorpsingang word verfraai

Francois Myburgh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.